Dagvaarding - 'n Regsdokument wat die polisie magtig om iemand in hegtenis te neem of 'n perseel te deursoek. 'n Dagvaarding kan ook uitgereik word vir die beslaglegging op eiendom.
Dagvaarding - 'n Bevel wat vereis dat jy hof toe gaan om as 'n getuie getuienis te gaan lewer.
Dagvaarding (siviel) - 'n Regsdokument wat vereis dat geld teen 'n sekere datum aan 'n bepaalde party betaal word anders sal 'n hofverhoor plaasvind.
Dagvaarding (strafregtelik) - 'n Regsdokument wat iemand inlig dat hulle op 'n sekere datum in die hof moet verskyn om verhoor te word weens 'n misdryf waarvan hulle beskuldig word.
Deelnemende regering - Regering waar van die onderskeie komponente verwag word om mekaar by te staan. Byvoorbeeld, in Suid-Afrika ondersteun die drie sfere van die regering (nasionaal, provinsiaal en plaaslike) mekaar.
Delegering - Die oordrag van verantwoordelikhede of die toekenning van 'n taak aan iemand met minder gesag om die taak namens jou uit te voer.
Demografie - Die ontleding van die bevolking met betrekking tot ouderdom, geslag, ras, inkomste, ens.
Demokrasie - Meerderheidsregering. Die mense stem in 'n verkiesing en die politieke party of kandidate wat die meeste stemme kry, regeer die land.
Deportasie - Om iemand wat onwettig in die land is, te dwing om die land te verlaat.SIEN OOK· Onwettige immigrante (Woordelys)
Derdepartyversekering - Versekering wat uitbetaal word aan 'n derde party (d.w.s. iemand wat nie direk betrokke is nie) wat in 'n ongeluk beseer is.
Deregulering - Verwydering van beperkings en regulasies deur die staat wat pogings bemoeilik om te vorder of sukses te behaal.
Deursigtigheid - 'n Beginsel van staatsbestuur wat vereis dat amptenare openlik optree. Dit wys dat regeringsamptenare niks hoef weg te steek nie en dat alle besluite en transaksies 'n indringende openbare ondersoek sal slaag.
Diabetes - Siekte wat die metabolisme raak en wat met uitermate urinering en voortdurende dorstigheid gepaardgaan.
Diensbillikheid - Gelyke geleenthede en billike behandeling in die werkplek. Vorige benadeling en onregverdige diskriminasie word beëindig.
Difterie Tetanus Pertussis (DTP) - Drie-in-een-immunisering teen difterie (kinkhoes), tetanus (klem-in-die-kaak) en pertussis (kinkhoes).
Digitale verdeling - Die gaping tussen lande en gemeenskappe wat toegang tot inligtingstegnologie toegang het, en dié wat dit nie het nie.
Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) - Die hoof van geregtelike vervolging in die Provinsie wat sake aan die Staatsprokureurs toeken. Die Direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap is Frank Kahn.
Distriksgeneesheer - 'n Staatsdokter wat bewyse vir hofsake versamel en mense in staatsaanhouding behandel. Die Distriksgeneesheer behartig ook verkragtingsondersoeke en behandel gevangenes.
Distriksmunisipaliteit - 'n Plaaslike owerheid met munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in 'n gebied wat meer as een munisipaliteit insluit. Byvoorbeeld, die Weskus-distriksmunisipaliteit sluit verskeie plaaslike munisipaliteite in.
Doodsertifikaat - Sertifikaat wat 'n dokter ná 'n persoon se dood uitreik om te verklaar dat die oorledene weens natuurlike of onnatuurlike oorsake dood is.
Downsindroom - Genetiese stoornis wat ligte tot matige verstandelike gestremdheid veroorsaak. Mense met Downsindroom is dikwels kort en hul gesig is plat.
Dranklisensie - 'n Lisensie wat 'n sakeonderneming magtig om wettig sterk drank te verkoop.