Fauna - Diere.
Fetalealkoholsindroom (FAS) - Gestremde fisieke en intellektuele ontwikkeling as gevolg van die fetus se blootstelling aan alkolhol omdat die moeder sterk drank tydens haar swangerskap gedrink het.
Finansiële beleid - Die riglyne en reëls oor hoe die staat sy geld gaan bestee
Finansiëlediensteraad (FDR) - - 'n Onafhanklike statutêre liggaam wat in die openbare belang toesig hou oor die Suid-Afrikaanse Finansiële Instellings buite die Bankwese. Vir nog inligting, besoek die FDR se webwerf.
Fiskale jaar - Die finansiële jaar, ook boekjaar genoem. Begrotings en finansiële ouditte word hierop gegrond. In Suid-Afrika begin die fiskale jaar op 1 April en dit eindig op 31 Maart van die volgende jaar. Die boekjaar 2003-2004 het dus op 1 April 2003 begin en sal op 31 Maart 2004 eindig.
Fiskus - Staatsfinansies, waaronder inkomste uit belasting, lenings en uitgawes.
Fluoried - Element wat soms by die watervoorraad en tandeprodukte (soos tandepaste) gevoeg word om sterk, gesonde tande te help verseker.
Fynbos - Die inheemse flora van die Wes-Kaap. Hierdie plante kom nêrens anders ter wêreld voor nie. Fynbos is van besondere botaniese belang vanweë die groot aantal spesies.