Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
WOORDELYS: H
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
A   B   C   D   E   F   G   H   I   J   K   L   M   N   O   P   Q   R   S   T   U   V   W   X   Y   Z  

Habitat - Die omgewing en gebied waarin 'n plant of dier gewoonlik voorkom.

Handelsaansporings - Aanmoediging deur die regering, gewoonlik in die vorm van belastingvoordele, om handel te bevorder.SIEN OOK· Tirisano: Wekroep (Openbare Inligting) · Tirisano: Strategiese Plan vir die Departement van Onderwys (2002-2004) (Strategiese Plan/Sakeplan)

Handelsmerk - 'n Herkenningsteken wat geskep word vir 'n eiesoortige voorkoms en gevoel wat geassosieer word met 'n bepaalde produk, diens of organisasie.

Handelsmerk - Onderskeidende merke of eienskappe wat vervaardigers op hul produkte aanbring. Handelsmerke help verbruikers om bepaalde fabrikate uit te ken. Niemand mag iemand anders se geregistreerde handelsmerk gebruik nie.SIEN OOK· Intellektuele eiendom (Woordelys)· Kopiereg (Woordelys)· Patent (Woordelys)

VERWANTE INLIGTING

Handelsooreenkoms oor Intellektuele Eiendomsregte (Trips) - 'n Internasionale ooreenkoms wat in 1994 deur lande gesluit is ingevolge waarvan die ondertekenaars intellektuele eiendom onderling sal beskerm. Dit sluit in kopiereg, patente, handelsmerke, handelsgeheime, nywerheidsontwerpe, geografiese beskrywings en uitlegte van geïntegreerde strome.

Handelsooreenkomste - Ooreenkomste tussen lande wat die onderlinge verkope van goedere en dienste aanmoedig en reguleer.

Handves van Regte - Hoofstuk 2 van die Grondwet sit die basiese regte uiteen wat alle Suid-Afrikaners geniet. Dit beskryf ook die bepaalde omstandighede waarin hierdie regte aangetas kan word.

Hansard - Die woordelikse notule van parlementêre debatte en sittings.

Herstrukturering - Verandering van die struktuur of stelsels in 'n sakeonderneming of organisasie.

Hidroponika - Die verbouing van gewasse deur plante in 'n oplossing ryk aan voedingstowwe te kweek, pleks van in grond.

Hipertensie - Hoë bloeddruk.

Histopatologie - Die studie van mikroskopies klein veranderings in die liggaamsweefsels wat deur siektes teweeggebring word.

Hoër onderwys - Onderwys ná die sekondêre of hoërskool, byvoorbeeld opleiding aan universiteite en technikons. Ook tersiêre opleiding genoem. Dit omvat alle opleiding wat lei na 'n NKR-kwalifikasie wat hoër as graad 12 is.

Hoërhof - Howe wat ernstige sake soos verkragting en moord aanhoor, asook sake waarby meer as R100 000 betrokke is. Die hoërhof hoor ook appèlle van die landdroshof aan.

Hofbevel - 'n Amptelike opdrag deur 'n regter wat iemand beveel om iets te doen of verbied om iets te doen.

Hoof- Uitvoerende Beampte (HUB) - Die mees senior lid van die bestuur van 'n maatskappy of organisasie wat vir die daaglikse bedrywighede daarvan verantwoordelik is.

Hoogste hof van appèl - Hierdie hof is die hoogste geregshof vir sake wat nie met die Grondwet verband hou nie. Dit hoor appèlle aan rakende sake waaroor reeds in die Hoërhof/Hooggeregshof uitspraak gelewer is.

Huishoudelike geweld - Enige vorm van geweld of mishandeling in 'n huishoudelike verhouding, waaronder fisieke, seksuele, emosionele, verbale, psigologiese en ekonomiese mishandeling.

Huiswerker - 'n Persoon wat betaal word om in iemand anders se huis te werk, byvoorbeeld 'n tuinier, motorbestuurder, huishouer, skoonmaker en kinderoppasser.

Hulpmiddels - Dinge wat mense gebruik om liggaamlike gestremdhede te bowe te kom, byvoorbeeld rolstoele en gehoortoestelle.

Hulptoelae - Maandelikse toelae van R150 vir mense wat heeltydse versorging nodig het.

Huurder - 'n Persoon wat nie 'n eiendom besit nie, maar dit van 'n eienaar huur vir sake-, woon- of ander doeleindes.

Huwelik - Wettige verbintenis tussen twee mense. Daar is burgerlike huwelike wat as wettig erken word, en gewoontehuwelike wat in spesifieke kulture erken word (byvoorbeeld 'n Moslemhuwelik).

Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Julie 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo