WOORDELYS: J
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Jeug in gevaar - Jong mense met probleme soos dwelm- of alkoholmisbruik of wat met die gereg gebots het.
Jeugdige - Persoon jonger as 18 jaar.
Jeughowe - Spesiale howe wat uitspraak lewer in sake waar 'n jong persoon daarvan aangekla word dat hulle 'n misdaad gepleeg het.
Jurisdiksie - Die gebied waaroor 'n owerheid regs- of ander beheer het en die sake wat dit gemagtig is om te hanteer. Byvoorbeeld, die landdroshof het jurisdiksie oor enige minder ernstige misdaad wat in die omgewing van die hof gepleeg is.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Julie 2004 hersien