Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
WOORDELYS: L
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
A   B   C   D   E   F   G   H   I   J   K   L   M   N   O   P   Q   R   S   T   U   V   W   X   Y   Z  

Landbounavorsingsraad (LNR) - Staatsinstelling wat vraagstukke rakende landbou bestudeer en nuwe produkte en dienste vir die landbousektor ontwikkel. Vir nog inligting, besoek die LNR se webwerf.

Landdroshowe - Die laerhowe waarin 'n landdros die besluite neem. Hulle hoor minder ernstige straf- en siviele sake aan wat uit hul geografiese gebied voorspruit.

Landelike gebiede - Gebiede buite stede of groot dorpe, wat landbougebiede insluit. Dienste en infrastruktuur in hierdie gebiede is op 'n laer vlak en die inwoners hier moet langer afstande na die naaste dienspunte reis.

Lede van die Uitvoerende Raad (LUR'e) - Die lede van die provinsiale parlement wat vir verskillende provinsiale departemente verantwoordelik is. Byvoorbeeld, mnr. Ibrahim Rasool was die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling in die Wes-Kaap.

Leer-en-onderwystaal (LOT) - Taal wat in skole gebruik om te leer; voorheen die onderigmedium genoem.

Leke-beraders - Opgeleide vrywilligers wat deur middel van berading raad en steun aan lede van hul gemeenskap gee.

Lewendehawe - Diere waarmee op plase geboer word om 'n wins te maak. Voorbeelde is hoenders, beeste en varke.

Lewerbaar - Die resultaat of tasbare produk van werk, wat bevestig dat 'n bepaalde hoeveelheid werk gedoen of spesifieke teikens gehaal is.

Litigasie - Regsoptrede; ook gedingvoering genoem.

Loonvasstelling - Regulasies wat uiteensit wat die lone vir 'n spesifieke bedryf is.

Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Julie 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo