Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
WOORDELYS: M
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
A   B   C   D   E   F   G   H   I   J   K   L   M   N   O   P   Q   R   S   T   U   V   W   X   Y   Z  

Maatskaplike werker - Iemand wat ingevolge die Wet op Maatskaplike Werk geregistreer is as 'n professionele maatskaplike werker. Hulle moet oor bepaalde kwalifikasies en opleiding in welsynswerk beskik omdat hulle talle verantwoordelikhede teenoor gesinne en kinders het.

Maatskappy - 'n Soort geregistreerde sakeonderneming waarna dikwels verwys word as (Edms.) Bpk. Aandele in die maatskappy is in private besit.

VERWANTE INLIGTING

Makro-ekonomie - Die studie van die volle ekonomiese veld in die land.

Mammogram - 'n X-straal van die bors om borskanker op te spoor.

Markekonomie - 'n Ekonomiese stelsel waar vraag en aanbod bepaal hoeveel van 'n bepaalde item geproduseer word en wat die prys daarvan is.

Marknavorsing - Ondersoeke na verbruikers se gedrag, voorkeur en afkeer. Hierdie inligting word dikwels gebruik in besluite oor produkontwikkeling en reklame.

Mededingendheidsfonds - 'n Kostedelingstoelae waarmee entrepreneurs in die vervaardigings- en en sakedienste-bedryf finansieel gesteun word om mededinging in die Suid-Afrika sakewęreld te bevorder.

Meganisasie - Proses waarin masjiene en ander geoutomatiseerde prosesse menslike werkers vervang.

Menopouse - 'n Stadium in 'n vrou se lewe, gewoonlik tussen 45 en 55 jaar, wanneer menstruasie eindig en die vrou nie meer kinders in die lewe kan bring nie.

Menseregte - Die regte wat alle mense geniet op grond daarvan dat hulle menslik is. Dit sluit in die reg op vryheid, die reg op privaatheid, stemreg en die reg om nie aan onregverdig diskriminasie onderwerp te word nie. Die menseregte wat in die Suid-Afrikaanse Grondwet uiteengesit word, is in wetgewing verskans.

Menslike hulpbronne (MH) - Menslikehulpbronne-bestuur of personeelbestuur behels die bestuur van werknemers. Dit sluit ook indiensneming, opleiding en vaardigheidsontwikkeling in.

Mentorskap - 'n Proses waarin iemand met kennis en ondervinding leiding gee aan iemand anders met minder kennis en ondervinding. Byvoorbeeld, wanneer 'n geslaagde sakepersoon raad en leiding gee aan iemand wat pas 'n sakeonderneming begin het.

Metodologie - Die benadering of plan wat 'n mens aanvaar om iets te bereik. Byvoorbeeld, jy sal 'n spesifieke navorsingsmetodologie moet kies voordat jy 'n studie aanpak.

Migrant - 'n Persoon wat van een gebied na 'n ander reis. Byvoorbeeld, 'n migrantearbeider is iemand wat sy blyplek verlaat om elders te gaan werk, maar af en toe terugkeer.

Mikro-ekonomie - 'n Studie van die kleiner komponente van die ekonomie, soos die gedrag van verbruikers, huishoudings en sakeondernemings.

Mikroleningsondernemings - Die onderneming wat klein lenings, gewoonlik teen 'n hoë rentekoers, aan mense toestaan.

Minderheid - 'n Groep wat in getalle oortref word. Byvoorbeeld, die party wat in 'n verkiesing wat minder stemme as die ander kry, is die minderheidsparty.

Minderjarige - 'n Persoon wat jonger as 21 jaar is en ingevolge die wet nie as heeltemal volwasse beskou word nie.

Minibustaxi's - Sestiensitplek-voertuig wat as openbare vervoermiddel gebruik word.

Minmec-vergadering - Byeenkoms van die nasionale minister en die nege provinsiale lede van die Uitvoerende Raad (LUR'e) wat met dieselfde portefeulje belas is. Byvoorbeeld, wanneer al die provinsiale Ministers van Gesondheid vergader met die nasionale Minister van Gesondheid.

Mishandeling - Skade van enige aard, soos fisieke mishandeling (soos om te slaan), seksuele mishandeling (soos verkragting) of verwaarlosing waar 'n plig tot versorging versuim word. Byvoorbeeld, die plig van 'n ouer teenoor 'n kind (soos dat die ouer nie die kind voed nie).

Missie - 'n Strategiese doelwit. Wat 'n organisasie nodig het om sy algehele visie te verwesenlik.

MIV - Menslike immuniteitsgebrekvirus

MIV/vigs - Die MI-virus val die immuniteitstelsel aan. Dit lei daartoe dat mense vatbaar is vir ander siektes soos TB of longontsteking. Wanneer die MIV-positiewe persoon se immuniteitstelsel so swak is dat hulle siek raak, word daar gesę dat hulle vigs het.

MKVG - Moeder-, kind- en vrouegesondheid.

Mondgesondheid - Om tandbederf en tandvleissiektes te voorkom deur jou mond, tandvleis en tande in 'n goeie toestand te hou.

Mondsproei - 'n Mondinfeksie wat lei tot oop sere of letsels in die mond.

Multidenominaal - Bestaande uit talle geloofsgroepe.

Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Julie 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo