Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
WOORDELYS: N
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
A   B   C   D   E   F   G   H   I   J   K   L   M   N   O   P   Q   R   S   T   U   V   W   X   Y   Z  

Nalatigheid - Versuim om so versigtig te wees as wat jy veronderstel was om te wees. Om nie soos 'n redelike mens op te tree nie.

Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) - Nasionale 8-vlak-raamwerk van erkende kwalifikasies. Almal wat 'n kursus geslaag het wat deur die NKR geakkrediteer is, word geregistreer sodat hul kwalifikasies landwyd erken kan word.SIEN OOK· Algemene Onderwys en Opleiding (AOO) (Woordelys)

VERWANTE INLIGTING

Nasionale regering - Die regerende liggaam in die land. Bestaan uit die wetgewende gesag (parlement), uitvoerende gesag (die uitvoerende raad) en die regterlike gesag (die howe) wat verantwoordelik is vir die maak, uitvoering en toepassing van die wet.

Nasionale Vergadering (NV) - Die wetgewende tak van die regering. Dit bestaan uit 400 verkose lede van die parlement wat vir die maak of wysiging van die wette van die land verantwoordelik is.

Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) - Regeringsliggaam wat vir die bestuur en koördinering van vervolging in die hele land verantwoordelik is.

Nasionale Voedselwetgewing-adviesgroep (VWAG) - Instelling wat die regering raad gee oor wetgewing rakende voedsel in Suid-Afrika.

Natuurlikehulpbronne-bestuur - Proses om te verseker dat natuurlike hulpbronne op 'n volhoubare manier gebruik word.

Nie-kredietgekoppende behuisingsbeleid - Behuisingsubsidie wat nie 'n lening insluit nie en derhalwe nie terugbetaal hoef te word nie.SIEN OOK· Kredietgekoppelde behuisingsubsidie (Woordelys)

Niewinsgewende organisasies - Openbare voordele-organisasies wat nie op winsbejag ingestel is nie.

Nkosi Sikilel' iAfrika - - "God Seën Afrika", dit is die nasionale volkslied van Suid-Afrika en van 'n paar ander Afrikalande.

NKR-eenheidstandaard - Stelling waarin die bedoelde uitkomste van 'n kursus of opleidingsprogram uiteengesit word, asook wat die slaagvereistes is. Vir elke kursus wat tot 'n NKR-kwalifikasie lei, moet 'n eenheidstandaard by die SAKO, die NKR-owerheid, geregistreer word.

NKR-kwalifikasie - Nasionaal erkende kwalifikasie wat voldoen aan die standaarde en vereistes wat deur die SAKO gestel word.

Noodvoorbehoeding - Ook die "oggend-daarna-pil" genoem. Hierdie tipe voorbehoeding word binne 72 ná onbeskermde seks gebruik op swangerskap te voorkom.

Ntsika - 'n Regeringsagentskap wat daarvoor verantwoordelik is om klein sakeondernemings te help deur middel van opleiding en bystand. Vir nog inligting, besoek Ntsika se webwerf.

Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Julie 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo