Tandetrekkery - Verwydering van tande
Tariewe - Prys wat vir 'n diens vasgestel is.
Taxi-herkapitalisasie - Die plan om die vloot van sestiensitplek-minibustaxi's in die land te vervang deur nuwe, groter voertuie.
Telekommunikasie - Kommunikasie met behulp van die tegnologie, waaronder telefoon-, satelliet- en internetkommunikasie.
Tender - 'n Aanbod om 'n stuk werk te doen of goedere of dienste teen 'n gespesifiseerde prys te lewer.
Tenderkomitee - 'n Amptelik aangestelde komitee wat moet toesien dat die amptelike beleid en prosedure gevolg word in die keuse van 'n tender.
Tersiêre onderwys - Formele onderwys ná die sekondêre of hoërskool. Dit sluit universiteit- en technikonstudie in.
Terugbetaling - Geld wat 'n mens terugkry nadat jy 'n verskuldigde bedrag betaal het. Byvoorbeeld, as jy te veel belasting betaal het, is jy op 'n terugbetaling geregtig en sal 'n sekere bedrag aan jou teruggegee word.
Testament - 'n Regsdokument waarin 'n mens uiteensit hoe jy verkies dat jou bates ná jou afsterwe verdeel moet word.
Testate erfopvolging - Manier waarop 'n persoon se boedel verdeel word ná hul dood as daar nie 'n wettige testament is nie.SIEN OOK· Boedel (Woordelys)
Tirisano - Die nasionale onderwysstrategie. Tirisano beteken "werk saam".
Toelae - 'n Bedrag soortgelyk aan 'n pensioen wat die regering maandeliks aan 'n behoeftige persoon oorbetaal. Daar is verskillende toelaes vir mense wat verskillende behoeftes het.
Totale vrugbaarheidskoers (TVK) - Die gemiddelde getal kinders aan wie 'n vrou in haar leeftyd die lewe skenk.
Tradisionele genesers - Mense wat medisyne afkomstig van inheemse plante en diere gebruik om ander te genees.
Transkei-Venda-Bophuthatswana-Ciskei (TVBC) - Voormalige "onafhanklike tuislande" wat deur die regering van die Nasionale Party in Suid-Afrika geskep is as deel van sy apartheidsbeleid.
Transportbesorger - 'n Prokureur wat in eiendomsoordragte spesialiseer
Transvaal - Een van die provinsies van Suid-Afrika voor 1994. Dit is geïnkorporeer by die gebiede nou die provinsies Gauteng, Mpumalanga en Limpopo is.
Trauma - Emosionele of sielkundige ontsteltenis wat dikwels ontstaan weens skok, beserings of blootstelling aan geweld of 'n tragedie.
Treatment Action Campaign (TAC) - 'n Drukgroep wat hom daarvoor beywer dat die regering anti-retrovirale medisyne aan alle MIV-positiewe Suid-Afrikaners verskaf.
Trots Suid-Afrikaans - 'n Veldtog om plaaslik vervaardigde goedere en dienste te bevorder. Plaaslike maatskappye kan hulle by die veldtog laat registreer en dan die Trots Suid-Afrikaans-logo op hul produkte en in hul reklame gebruik.
Tuberkulose (TB) - 'n Bakteriese siekte wat hoogs aansteeklik is, maar genees kan word. Dit tas die longe aan en veroorsaak 'n aanhoudende gehoes, dat bloed uitgehoes word, nagsweet, gewigsverlies en kortasemigheid.
Tuinboukunde - Die wetenskap om vrugte, groente, blomme en ander plante te kweek.
Tuissorg - Versorging van 'n siek persoon in hul eie huis. Daar is soms nie plek vir al die siek mense in hospitale nie en dan word hulle tuis behandel en versorg.
Tussenverkiesings - Verkiesings wat tussen algemene verkiesings plaasvind, gewoonlik wanneer 'n verkose verteenwoordiger gesterf of bedank het of vervang moet word.
Tydelike ongeskiktheid - 'n Besering of misvormdheid wat iemand verhinder om vir 'n tydperk sekere dinge self te doen, maar wat mettertyd genees of reggestel kan word.
Tydelike ongeskiktheid - 'n Besering of misvormdheid wat iemand verhinder om vir 'n tydperk sekere dinge self te doen, maar wat mettertyd genees of reggestel kan word.