Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Zenzele-pad-instandhoudingsprogram
DOEL:
Om 'n pad-instandhoudingsprogram in te stel deur die maksimum aantal mense van die plaaslike gemeenskap in diens te neem.
BEGIN:
2003
EINDE:
2009
STATUS:
Aan die gang
BESKRYWING:

Die oogmerk met die Zenzele-pad-instandhoudingsprogram is om langtermyn werksgeleenthede te skep vir plaaslike gemeenskappe. Die program is 'n inisiatief van die Gemeenskapsgebaseerde Openbare Werkeprogram (GGOWP) en het ten doel om die bestaande padinfrastruktuur te verbeter deur gemeenskapslede in diens te neem om roetine en periodieke pad-instandhouding te doen.

'n Groep van die plaaslike werksmag

Die GGOWP werk saam met munisipaliteite om operasionele gebiede uit te ken en projekte op te stel. Zenzele-projekbestuurders hou toesig oor projekte in die operasionele gebiede. Die GGOWP fasiliteer deelname deur die plaaslike gemeenskap deur gemeenskapsvergaderings.

Nagenoeg 12 - 25 Gemeenskapsontwikkelingswerkers (GOW's) word vir elke projek deur die GGOWP in diens geneem. Die GGOWP ouditeer die vaardighede van voornemende GOW's en geslag en jeug word beklemtoon. GOW's kry kontrakte om 60 uur per maand te werk en fietse word verskaf sodat hulle by hulle werksgebiede kan uitkom.

Onder die aktiwiteite is die uitroei van indringerplante, die skoonmaak van dreine en riole, die verwydering van rommel en ongewenste voorwerpe van paaie, die herstel van slaggate en was van padtekens en gevaarborde. Werkers meld ook groot herstelbehoeftes aan. Elke werker dek omtrent 1km van 'n pad.

Die GGOWP verskaf padinstandhoudingsopleiding vir GOW's sowel as bykomende lewensvaardighede en opleiding in MIV- en vigsbewustheid. Maatskaplike Fasiliteerders monitor GOW's en probeer toekomstige geleenthede vir hulle uitken, soos bykomende opleiding, plasing of entrepreneursgeleenthede.

Skakel vir meer inligting:

Lundi Lutya
Tel: 021 483 5381
E-pos: llutya@pgwc.gov.za

Mkhululi Mavuso
Tel: 021 483 5566
E-pos: mmavuso@pgwc.gov.za

Rafeek Louw
Tel: 021 483 5349
Faks: 021 483 7171
E-pos: ralouw@pgwc.gov.za

GEBORG DEUR:
Gemeenskapsgebaseerde Openbarewerkeprogramme (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 Maart 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo