Nasionale Reisopname
DOEL: |
Statistiek Suid-Afrika het van 25 Mei tot 20 Junie 2003 'n Nasionale Reisopname namens die nasionale Departement van Vervoer gedoen. Die opname bied 'n akkurate ontleding van die bevolking se vervoergewoontes ingedeel volgens geslag, vervoermiddel, landelike en stedelike gebiede, en plaaslike owerheidsbeplanningsones (bv. woongebiede en voorstede in Johannesburg). Vir die opname is onderhoude is met ongeveer 50 000 huishoudings landwyd gevoer om hul vervoerpatrone te bepaal en vas te stel watter vervoermiddels hulle gebruik om werk, hospitaal en skool toe te gaan. Die nasionale Departement van Vervoer het die opname as 'n behoefte geïdentifiseer omdat daar tans geen betroubare en gedetailleerde instrument bestaan wat die sleutelprestasie-aanduiders vir padvervoergebruikers soos aangedui in die Witskrif en die Oorgangswet op Nasionale Padvervoer kan meet nie. Die bevindinge van die opname sal die nasionale Departement van Vervoer van inligting voorsien wat sal help met beplanning en bystand met belegging in vervoer en vervoersubsidies. |
BEGIN: |
25 Mei 2003 |
EINDE: |
20 Junie 2003 |
GEBORG DEUR: |
Eienaar: Departement van Vervoer (Die Regering van Suid-Afrika) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Februarie 2004 hersien