DOEL: |
Die veldtog wil bewustheid verhoog en Suid-Afrikaners opvoed oor kwessies wat verband hou met netheid en afvalbestuur. Dit is 'n manier om mense aan te moedig om 'n aktiewe rol te speel in die morele herlewing van hulle gemeenskappe en om trots en toewyding aan die opruim van hulle omgewing aan te wakker. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
BEGIN: |
14 September 2004 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
EINDE: |
6 Junie 2005 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
STATUS: |
Aan die gang | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
BESKRYWING: |
AGTERGROND EN GESKIEDENIS VAN DIE NASIONALE SKOONSTE DORPKOMPETISIE Die Skoonste Dorpkompetisie is in 2001 deur die destydse Minister van Omgewingsake en Toerisme, Mnr. Valli Moosa, van stapel gestuur om alle Suid-Afrikaners se lewensgehalte te verbeter. In die tweede helfte van 2004 het die kompetisie die derde ronde van die instelling af ingegaan en die Nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOET) kondig die Nasionale wenners van die ronde in Junie 2005 aan. Die Nasionale Kompetisie volg op nege Provinsiale Rondes van die Kompetisie, wat deur elke Provinsie se Omgewingsakedepartement hanteer word. Die kompetisie is een van die implementeringsinstrumente van die Nasionale Afvalbestuurstrategie en het ten doel om die ideale van Suid-Afrika se omgewingsbeleid en -wetgewing in sigbare, geïntegreerde afvalbestuursprogramme te omskep. Die veldtog is daarop gemik om bewustheid te verhoog en Suid-Afrikaners op te voed oor kwessies wat verband jou met netheid en afvalbestuur. Dit is 'n manier om mense aan te moedig om 'n aktiewe rol te speel in die morele herlewing van hulle gemeenskappe en om trots en toewyding tot die opruim van hulle omgewings aan te wakker. Die veldtog wil alle Suid-Afrikaners bewus maak van maniere om afval in hulle buurte te verminder. Die Skoonste Dorpkompetisie dra by tot:
DIE PROVINSIALE RONDE VAN DIE KOMPETISIE In die Wes-Kaap word die provinsiale ronde van die Skoonste Dorpkompetisie aangebied deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (D:OSenOB) deur die Direktoraat: Besoedeling en Afvalbestuur. Met die doel om "'n Volhoubare Tuiste Vir Almal" te bevorder, is die provinsiale ronde van die 2004/5 Kompetisie toegespits op lewende omgewings vir gemeenskappe, en dit behels ook langtermyn ingrypings by munisipaliteite wat sal uitloop op volgehoude verbetering van netheid en afvalbestuur. Die provinsiale ronde van die 2004/5 Kompetisie is op 14 September 2004 deur die Wes-Kaapse Minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Me. Tasneem Essop, van stapel gestuur. VERHOOGDE DEELNAME EN VORIGE WENNERS IN DIE WES-KAAP Deelname aan die provinsiale ronde van die Skoonste Dorpkompetisie het van die aanvang af geweldig toegeneem, wat wys hoe belangrik dit vir munisipaliteite in die provinsie is. Van 'n deelnamekoers van net 50% van die Wes-Kaapse plaaslike munisipaliteite in die eerste jaar, en 19 uit die 24 munisipaliteite in 2003/4, het 23 uit die 24 munisipaliteite vanjaar ingeskryf!
In 2004 het die twee Wes-Kaapse Munisipaliteite wat deurgedring het na die Nasionale Kompetisie, naamlik Overstrand-munisipaliteit en die Stad Kaapstad, al die pryse ingepalm deur die Nasionale ronde van die Kompetsie in hulle onderskeie kategorië, naamlik "Plaaslike Munisipaliteit" en "Metropolitaanse Munisipaliteit", te wen! KATEGORIë EN PRYSE Die kompetisie word in drie kategorië verdeel, naamlik:
Die kompetisie is oop vir alle munisipaliteite, behalwe distriksmunisipaliteite. Die wenmunisipaliteite ontvang pryse wat erkenning gee aan hulle uitstaande prestasies. Op 'n Provinsiale vlak sal 'n spesiale erkenningsprys gegee word aan die munisipaliteit wat die beste voldoen aan die kriteria vir die nuwe kategorie, naamlik "Die Mees Verbeterde Munisipaliteit", wat in 2004 ingestel is. Provinsiaal
Daar is nog nie besluit oor die prys vir die mees verbeterde munisipaliteit nie, maar dit sal binnekort aangekondig word. Nasionaal DIE BEOORDELINGSKRITERIA Die Wes-Kaap sal die Nasionale beoordelingskriteria gebruik, wat deur die DOET bepaal is, om die top drie Provinsiale wenners in kategorie B, sowel as die mees verbeterde munisipaliteit aan te wys. Die Stad Kaapstad sal dan, saam met die Wes-Kaapse wenner van kategorie B en die mees verbeterde munisipaliteit, die provinsie in die Nasionale ronde van die Kompetisie verteenwoordig. Dieselfde kriteria sal weer deur 'n Nasionale Paneel gebruik word om die Nasionale wenner in elke kategorie aan te wys.
Fisiese toestand neem die volgende in aanmerking:
Steunstelsels sluit programme en projekte in wat gemik is op volhoubare, geïntegreerde afvalbestuur, wat insluit:
DIE PROVINSIALE PANEELLEDE 'n Provinsiale beoordelingspaneel, saamgestel uit 'n verskeidenheid rolspelers, gebruik die Nasionale Kriteria om die inskrywings te beoordeel, deur middel van basiese inligting, sowel as deur na die munisipaliteite te reis vir beoordelings (meer inligting sal later publiseer word), en die wenners te kies. ![]() Die Paneel met Me Tasneem Essop, Minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning Die paneel vir die Wes-Kaap bestaan uit:
PROVINSIALE BEOORDELINGSKEDULE EN PRYSUITDELING Provinsiale beoordeling vind in Februarie en Maart 2005 plaas. Die amptelike aankondiging van die provinsiale wenners en die oorhandiging van die pryse deur die Premier van die Wes-Kaap, Ebrahim Rasool, vind in April 2005 op 'n glansgeleentheid plaas (meer inligting sal later bekend gemaak word). |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||
GEBORG DEUR: |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||



