BESKRYWING: |
"Erfenis Wes-Kaap vier, bewaar, onderhou en voed die uiteenlopende stedelike en plattelandse erfenisbronne van die mense van die Wes-Kaap deur trots te bevorder in beide die tasbare en ontasbare erfenis, veral onder jongmense en voorheen opsy geskuifde gemeenskappe. " In Januarie 2003 is Erfenis Wes-Kaap gestig as die provinsiale erfenisbrongesag vir die provinsie kragtens die Wet op Nasionale Erfenisbronne, wet 25 van 1999. Dit is verantwoordelik vir die bevordering van samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede vir die uitkenning, bewaring en bestuur van erfenisbronne vir alle gemeenskappe in die Wes-Kaap. Bewaring van erfenisbronne het kulturele, politieke, opvoedkundige en ekonomiese waarde wat bydra tot die suksesvolle ontwikkeling van die Wes-Kaap. Erfenis Wes-Kaap:
Erfenis Wes-Kaap maak staat op die samewerking van:
Om seker te maak dat voldoen word aan die regsmandaat, vergader die Raad vir Erfenis Wes-Kaap gereeld en is die volgende komitees gestig: Die Beboude Omgewing- en Landskapskomitee (BELCOM) Die Beboude Omgewing- en Landskapskomitee is verantwoordelik vir die beoordeel van aansoeke en goedkeurings, waaronder die formele verklaring van provinsiale erfenispersele, erfenisgebiede, openbare monumente en -gedenktekens en strukture ouer as 60 jaar. Die Komitee oorweeg ook voorstelle oor erfenisbronbestuur vir sekere kategorië van ontwikkelings en lewer kommentaar oor aansoeke kragtens die Wet op Omgewingsbewaring, wet 73 van 1989. Die Argeologiese, Paleontologiese en Meteoriete-komitee (APMCOM) Die Argeologiese, Paleontologiese en Meteoriete Permitkomitee is verantwoordelik vir die oorweeg van aansoeke om permitte wat verband hou met argeologiese en paleontologiese persele en meteoriete in die Wes-Kaap. Appèlkomitee 'n Appèlkomitee is aangestel om op 'n ad hoc-basis byeen te kom wanneer appèlle ontvang word.
Amptenare van die Departement van Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap hanteer die uitvoerende en administratiewe take wat verband hou met die Raad vir Erfenis Wes-Kaap.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
EPOS: |
hwc@pgwc.gov.za | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
TELEFOON: |
021 483 9695 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
FAKS: |
021 483 9842 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
STRAATADRES: |
3de Vloer, Protea Assurance Gebou, Groentemarkplein, Kaapstad, 8001 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
POSADRES: |
Privaatsak X9067, Kaapstad, 8000 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
KONTAKPERSOON: |
Monique Coerecuis | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
TOESIGHOUDENDE STAATSLIGGAAM: |
Departement van Kultuursake en Sport (Wes-Kaapse Provinsiale Regering) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||

