Wes-Kaapse Taalkomitee
BESKRYWING: |
Die Komitee is 'n statutêre liggaam wat gestig is kragtens artikel 6 van die Wes-Kaapse Provinsiale Taalwet van 1998. Die Taalkomitee dien ook as die provinsiale subkomitee van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad en moet die Raad adviseer oor taalsake wat die provinsie raak. KOMITEE Die samestelling van die Komitee maak voorsiening vir verteenwoordiging van al drie die amptelike tale van die Wes-Kaap - Afrikaans, Xhosa en Engels, sowel as Gebaretaal en Erfenistale. Lede van die Taalkomitee se termyn is drie jaar en hulle word aangestel deur die LUR vir Kultuursake, Sport en Ontspanning, nadat hulle genomineer is deur die publiek en op 'n kortlys geplaas is deur die Provinsiale Staande Komitee vir Kuns en Kultuur. PROJEKUITVOERING Die Departement van Kultuursake en Sport se Taaleenheid bestuur die sake van die Wes-Kaapse Taalkomitee en is verantwoordelik vir die uitvoer van projekte. |
||||||||
EPOS: |
exa@pgwc.gov.za | ||||||||
TELEFOON: |
021 483 9677 | ||||||||
FAKS: |
021 483 9675 | ||||||||
STRAATADRES: |
3de Vloer, Protea Assurance Gebou, Groentemarkplein, Kaapstad, 8001 | ||||||||
POSADRES: |
Privaatsak X9067, Kaapstad, 8000 | ||||||||
TOESIGHOUDENDE STAATSLIGGAAM: |
Departement van Kultuursake en Sport (Wes-Kaapse Provinsiale Regering) | ||||||||
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 September 2005 hersien
