Besproeiingsdienste
BESKRYWING: |
Die Afdeling Besproeiing van die Direktoraat Landbou-ingenieursdienste voorsien advies en leiding ten einde besproeiers te help om water doeltreffender te gebruik. Hierdie hulp behels onder meer om die ontwerp van besproeiingstelsels na te gaan, en om die stelsels in gebruik uit te toets ten einde vas te stel of die verrigting bevredigend is. Die uitvoer van programme ten einde die doeltreffende benutting van water te bevorder, is een van die hoofprioriteite van hierdie afdeling. Die evaluering van beskikbare waterhulpbronne vir klein boerderyskemas, en die ontwerp van besproeiingstelsels vir hierdie boere word ook onderneem. Dit sluit die beplanning van die waterinfrastruktuur in, sowel as toesig oor die ontwerp en konstruksiewerk. |
VOORSKRIFTE: |
For more information contact: Peter Keuck C Protopapas Tel: 027 213 3109 pieterdl@elsenburg.com |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Sustainable Resource Management (Department of Agriculture, Provincial Government of the Western Cape) |
PRYS: |
Gratis |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Februarie 2004 hersien