BESKRYWING: |
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het 'n groot aantal infopaks (inligtingsblaaie) saamgestel wat bondige inligting oor 'n baie wye reeks landboukundige onderwerpe verskaf. Elkeen van die 94 infopaks is in Afrikaans, Engels en Xhosa beskikbaar, en is in maklik verstaanbare taal geskryf. Alhoewel hulle hoofsaaklik op beginnerboere afgestem is, mag ervare boere hulle ook nuttig vind. Illustrasies word deurgaans gebruik om die verstaanbaarheid van die inligting te verhoog. 'n Verskeidenheid infopaks word onder die volgende kategorieë aangetref:
|
VOORSKRIFTE: |
Skakel asseblief vir verdere inligting: Chris Viljoen Tel: 021 887 0985 chrisvi@elsenburg.com |
VERSKAF BY: |
Hierdie fasiliteitskategorië: |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Department of Agriculture (Provincial Government of the Western Cape) |
PRYS: |
Al die inligtingspakkies is vryelik op die Elsenburg webwerf beskikbaar. Die kleurskyfies vir elke inligtingspakkie wat by aanbiedings gebruik kan word, kan afsonderlik teen die volgende pryse gekoop word: Klein (10 skyfies of minder) - R100,00 Teen die pryse wat hier genoem word, sal u AL die skyfies van 'n bepaalde inligtingspakkie kan koop. Dit wil sê dat 'n inligtingspakkie met 8 skyfies vir u altesaam R100 sal kos, terwyl 'n inligtingspakkie met 20 skyfies vir u R170 sal kos. Die koste vir aflewering is nie by die prys ingesluit nie. U sal ook 'n gratis drukstuk met die teks in Afrikaans, Engels en Xhosa ontvang. |