Die Huur van Kulturele Geriewe
BESKRYWING: |
Sewe kulturele sentrums is beskikbaar vir gebruik deur organisasies of verenigings wat kulturele of opvoedkundige programme aanbied. Die kulturele sentrums bied verblyf en konferensiegeriewe aan. ![]() Kaart van Kulturele Sentrums in die Wes-Kaap Die geriewe is almal geleë in asemrowende omgewings. Dit is net beskikbaar vir groepe van 40 of meer en 'n deposito moet betaal word. Naweekbesprekings is van Vrydae om 16:00 tot Sondae om 14:00. Die geriewe is nie beskikbaar vir net 'n deel van die naweek, waaronder Vrydae, nie. Die kulturele sentrums, waaronder liggings, besprekingsbesonderhede en pryse, is in die tabel. |
VOORSKRIFTE: |
Om 'n kulturele gerief te bespreek, skakel: G Steyn Die Hoof: Kultuurdiens, Wes-Kaap Privaatsak X9067, Kaapstad, 8000 Tel: 021 483 9727 Faks: 021 483 9673 gsteyn@pgwc.gov.za |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Kultuur en Erfenis (Departement van Kultuursake en Sport, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
PRYS: |
Tussen R26 en R30 per persoon per nag vir 2006. |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 Augustus 2006 hersien
