Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Projekbefondsing vir die Ontwikkeling van Kultuur- en Erfenistoerisme
BESKRYWING:
Befondsing is beskikbaar vir kuns- en kultuurprojekte wat deur kultuurorganisasies onderneem word. Projekte behoort gerig te wees op die ontwikkeling van kultuur- en erfenistoerismeprodukte en -infrastruktuur.Twee tipes befondsing is beskikbaar, naamlik jaarlikse toekennings vir voortgaande projekte, en ad hoc-projektoekennings vir eenmalige projekte.
VOORSKRIFTE:
Wanneer u aansoek doen om befondsing moet u dit doen as verteenwoordiger van 'n kultuurorganisasie en u projek moet betrekking hê op kuns en kultuur. Die fokus moet egter ook wees toerismeontwikkeling.

U sal 'n aansoekvorm moet invul wat beskikbaar is van die sekretaresse van die Hoofdirekteur of aanlyn.

Om aansoek te doen om 'n ad hoc-toekenning moet u die aansoekvorm vir ad hoc-projekte (vorm NZA1) invul. Om aansoek te doen om 'n jaarlikse toekenning moet u die vorm getitel 'Besigheidsplan/Jaarlikse Herhalende-uitgawe-toekennings' (Vorm NZA2) invul. Maak seker dat u hou by die belangrike datums van u projek, aangesien geen befondsing agterna goedgekeur sal word nie.

Kultuurrade wat ingevolge die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en Kultuurradewet, Wet 14 van 1998, geregistreer is, moet vorm WC3 invul.

Aansoeke moet gerig word aan:

Die Sekretaresse van die Hoofdirekteur
Kantoor van die Hoofdirekteur: Kultuursake
Privaat Sak X9067
Kaapstad
8000

Tel: 021 424 0445
Faks: 021 424 0462
tweidema@pgwc.gov.za
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Kultuursake (Departement van Kultuursake en Sport, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Junie 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo