Befondsing vir Projekte wat ons Erfenis Bevorder, Ontwikkel en Bewaar
BESKRYWING: |
Befondsing is beskikbaar vir kuns- en kultuurprojekte wat deur kultuurorganisasies onderneem word. Projekte moet gerig wees op die bevordering, bewaring en ontwikkeling van die kultuur en erfenis. Befondsing word jaarliks oorweeg en aansoeke moet teen 31 Maart van elke jaar ingedien wees. Kultuurrade wat by die Wes-Kaapse Kultuurkommissie geregistreer is, mag ook aansoek doen om befondsing vir konferensies en navorsings- en kultuurverwante projekte. |
VOORSKRIFTE: |
Aansoekers moet 'n kultuurorganisasie verteenwoordig en die projek waarvoor befondsing verlang word, moet kuns- en kultuurverwant wees. U sal 'n aansoekvorm moet invul wat beskikbaar is by die Hoof: Kultuurprojekte, me. Nerine Jeaven, of aanlyn. Om aansoek te doen om 'n jaarlikse toekenning moet u die vorm getitel 'Besigheidsplan/Jaarlikse Herhalende-uitgawe-toekennings' (Vorm NZA2) invul. Maak seker dat u hou by die datums van u projek, aangesien geen befondsing agterna goedgekeur sal word nie. Kultuurrade wat ingevolge die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en Kultuurradewet, Wet 14 van 1998, geregistreer is, moet vorm WC3 invul. Aansoeke moet gerig word aan:Die Hoof: Kultuurprojekte Privaat Sak X9067, Kaapstad, 8000 Tel: 021 424 0410 Faks: 021 424 0457 tweidema@pgwc.gov.za |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Kultuur en Erfenis (Departement van Kultuursake en Sport, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 24 Maart 2004 hersien