WIE KAN AANSOEK DOEN OM FINANSIERING? - Prioriteit sal gegee word aan voorheen-benadeelde gemeenskappe.
- Projekte moet kuns-, kultuur- en erfenisverwant wees.
- Daar moet goeie bewyse wees van bevoordeeldes se vernuf-potensiaal of vermoë om te leer.
- Produkte en dienste van die projek moet van goeie gehalte wees en behoort beide plaaslik en oorsee bemarkbaar te wees.
- Produkte moet die potensiaal hê om selfonderhoudend te wees.
- Projekte moet waar van toepassing voldoen aan wetgewing.
- Projekte moet regverdig handeldryf.
- Projekte moet geplaas wees in armoedenodusse en provinsiale prioriteitsgebiede.
- Projekte behoort gemeenskapsgedrewe te wees en besit word deur, of die gemeenskap direk bevoordeel wat betref óf werksgeleenthede, opleiding óf vennootskappe.
- Projekte wat roumateriaal gebruik behoort seker te maak dat die bronne ekovriendelik is en omgewingsvolhoubare oes- of benuttingspatrone gebruik.
- Projekte behoort die doel te hê om 'n kleinonderneming of sake-eenheid vir die skepping van werk te stig.
- Projekte behoort die potensiaal te hê om toerisme te steun en te bevorder.
- Projekte behoort unieke inheemse produksie te hê.
- Vroue, die jeug en gestremdes behoort voorkeur te kry.
- Agente, konsultante of enige ander diensverskaffer kan nie die bevoordeelde wees nie.
- Projekte moet regeringsprogramme steun in ooreenstemming met die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (UOWP), die Versnelde Gedeelde Groei-inisiatief-Suid-Afrika (ASGI-SA), Provinsiale Groei- en Ontwikkelingstrategie (PGOS), Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), Geïntegreerde Volhoubare Plattelandse Ontwikkelingprogram (GVPOP), en die Stedelike Hernuwingsprogram (SHP).
HOE OM AANSOEK TE DOEN Voltooide aansoeke moet ingedien word by: Me K Mongane Belegging in Kultuur Privaatsak X897, Pretoria, 0001 Die spertyd vir aansoeke is 13 Junie 2006. Geen gefaksde afskrifte sal aanvaar word nie. Alle aansoeke sal gehaltebeoordeling ondergaan deur 'n ewekniehersieningsproses. KONTAKBESONDERHEDE Die Belegging in Kultuur het Provinsiale Koördineerders aangestel in elke provinsie om enige vorm van steun en hulp te verskaf. As jy meer inligting nodig het, skakel asseblief: Nontuthuzelo Nqabeni Wes-Kaapse Provinsiale Koördineerder vir Belegging in Kultuur Sel: 082 884 6869 Tel: 012 441 3000. |