Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Permitte om aan Historiese Geboue te Verander
BESKRYWING:
p>Om te voldoen aan die Wet op Nasionale Erfenisbronne moet enigeen wat beplan om veranderings aan te bring aan historiese strukture by die Wes-Kaapse Erfenisraad aansoek doen om toestemming. 'n Historiese struktuur word omskryf as 'n gebou wat ouer is as 60 jaar. Die Wes-Kaapse Erfenisraad reik 'n permit uit, gegrond op die meriete van die aansoek en 'n omgewingsimpakbeoordeling. Die permit neem die ontwikkelingsbeplanning en soneringsregulasies in ag van 'n plaaslike owerheid se Grondgebruikordonnansie. Deur seker te maak dat erfenissake ingesluit word by impakstudies vir voorgestelde ontwikkelings, word ontwikkelaars in staat gestel om erfenisbronne uit te ken. Ontwikkelaars kan dus voortgaan sonder onsekerheid oor of werk tot stilstand gedwing sal word as 'n erfenisbron ontdek word.

Die permitstelsel raak 'n reeks erfenisbronne:

  • argeologies
  • paleontologiese terreine en meteore
  • argitektuur
  • etnografiese en dekoratiewe kuns
  • grafte en begraafplase, waaronder voorouer- en koninklike grafte, grafte van tradisionele leiers en die grafte van slagoffers van konflik
  • plekke waar betekenisvolle geskiedkundige gebeurtenisse plaasgevind het, landskappe en natuurlike verskynsels van kulturele belang;
  • lewende erfenis wat verband hou met erfenis en mondelinge geskiedenis, of wetenskaplike meriete
  • terreine wat verband hou met die geskiedenis van slawerny in Suid-Afrika
  • skeepswrakke.
Vir meer besonderhede besoek die Suid-Afrikaanse Erfenisbronagentskap se webwerf: www.sahra.org.za.
VOORSKRIFTE:
Doen aansoek om 'n permit by die Wes-Kaapse Erfenisraad:
Die Hoof
Wes-Kaapse Erfenisraad
Privaatsak X9067, Kaapstad, 8000
Tel: 021 483 9695 / 9696 / 9692 / 9682
Faks: 021 483 9842
hwc@pgwc.gov.zaPermitaansoeke moet ingevul word op die amptelike vorm: Aansoek om die vernietiging, beskadiging, ontsiering, verandering, verwydering van die oorspronklike plek af, onderverdeling of verandering van die status van 'n nasionale erfenisterrein, provinsiale erfenisterrein, voorlopig beskermde plek of struktuur ouer as 60 jaar .
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Kultuur en Erfenis (Departement van Kultuursake en Sport, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 Augustus 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo