Hierdie diens word gelewer deur munisipaliteite in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Biblioteke is hulpbronsentrums vir volwassenes en kinders. Die publiek kan toegang verkry tot boeke, oudioboeke, musiek-CD's, video's, CD-ROM's, koerante en tydskrifte by hul plaaslike biblioteke, of hierdie items uitleen.
>