Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Steundienste vir KMMO-vervaardigers (CapeMac)
BESKRYWING:
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling bied ondersteuning aan opkomende vervaardigers deur die Vervaardigingsadviessentrum. Die Sentrum kan u klein, middelslag- of mikro-onderneming (KMMO) help om sy mededingendheid en groei op die plaaslike, nasionale en internasionale mark te verbeter.Die dienste wat aangebied word, sluit die volgende in:
  • adviesdienste om maatskappygroei en -prestasie te verbeter
  • tegnologiesteun
  • inligtingsteun
  • hulp met die stel van gehalte- en produkstandaarde
  • inverbindingstelling van diensverskaffers en instansies met kleinhandelafsetplekke ten einde hul dienste uit te brei
  • bemarkingsadvies
  • inligting oor bestuur van en toegang tot finansies
  • besigheidsbestuursadvies
  • mededingendheidsverbeteringsteun
  • omgewingsbestuursteun
  • mensehulpbronontwikkelingsadvies
  • probleemomramingshulp en hulpbronfinansiering
  • advies oor produktiwiteit en prosesverbetering.
VOORSKRIFTE:
Kontak die CapeMac-kantoor:Posbus 12784, N1 Stad-inkopiesentrum, Goodwood, 7463
N1 Terrace, Neels Bothmastraat, Goodwood, 7460
Tel: 021 596 1300
Faks: 021 595 1253
administrator@capemac.co.za
info@capemac.co.za
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Handel en Nywerheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Januarie 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo