BESKRYWING: |
Die oplewing in Aflandige Olieveld-bedrywighede in Wes-Afrika hou aansienlike moontlikhede vir die Wes-Kaap en Suid-Afrika in. Ons geografiese ligging (na aan die olievelde), gesofistikeerde sakeomgewing, nywerheidskrag en goeie hawegeriewe (Kaapstad en Saldanha) maak die Wes-Kaap die ideale ligging vanwaar buitelandse maatskappye hulle operasies kan bedien.
WES-KAAPSE POTENSIAAL Die Wes-Kaap is in 'n goeie posisie om:
GESKIEDENIS Die Inisiatief het ontstaan toe die Kaapse Streeksakekamer 'n vergadering met die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, die Stad Kaapstad en Wesgro belê het. Ongeveer 20 maande se wisselwerking in die bedryf het daarop uitgeloop dat vennote soos die Nasionale Hawegesag, die Departement van Handel en Nywerheid, Eskom, ensovoorts, betrek is. Private maatskappye het in dié tydperk hulle kundigheid bygedra in spanne soos die Bemarkingstrategiegroep en die Haweloodskomitee. FORMALISERING Dit is aangenaam om aan te kondig dat dié inisiatief nou in 'n bedryfsinisiatief (Artikel 21-maatskappy) formaliseer is wat as 'n vennootskap tussen die openbare en private sektore bestuur sal word. Die Maatskappy staan as die Kaapse Olie- en Gasvoorsieningsinisiatief (COGSI) bekend en sal die Wes-Kaap ontwikkel en vestig as die olie en gas diens- en voorsieningsmiddelpunt vir Afrika. Na 'n openbare proses van benoeming en verkiesing deur die bedryf, is agt Raadsportefeuljes gevul. Nog vier portefeuljes is ex officio direkteure wat deur die onderskeie Openbare Sektor-belanghebbers benoem is. 'n Uitvoerende Direkteur en PA is ook as voltydse werknemers van die maatskappy aangestel om die inwerkingstelling van projekte en programme bestuur. EIENAARSKAP EN RAADSTUKTUUR Hoewel die Regering dit sal steun, behoort die inisiatief aan die bedryf en is hulle die mede-bepalers van die instelling van die opwindende projek.Die Raad van Direkteure is soos volg saamgestel: Bedryfsportefeuljes Regeringsportefeuljes Funksionele Portefeuljes PROGRAMME EN VOORDELE Programme waarvoor finansiering reeds goedgekeur is:
Die voordele wat 'n geformaliseerde Inisiatief inhou:
SUKSESSE Van die vroeë suksesse van die Inisiatief voordat dit geformaliseer is:
REGERINGSFINANSIERING Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap en die Stad Kaapstad besef hoe belangrik die bedryf vir die plaaslike ekonomie is en het R3 miljoen aan COGSI beskikbaar gestel. Die geld sal bestee word aan bogenoemde programme, en sal deur die COGSI se Raad en Uitvoerende Direkteur hanteer word. Meer finansiering sal ook van die Nasionale Regering en ander bronne ingewin word. |
VOORSKRIFTE: |
Nadere inligting: Nigel Gwynne-Evans Tel: 021 483 3859 ngwynne@pgwc.gov.za |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Ekonomiese Sektorontwikkeling (Department of Economic Development and Tourism, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |