Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Steun vir AgriSake
BESKRYWING:
Die Department van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme kan boere verwys na 'n wye reeks inligting-, steun- en opleidingsprogramme.

Daar word tans baie gekonsentreer op die ontwikkeling en bemarking van organiese produkte weens 'n toenemende plaaslike en internasionale vraag na organiese produkte, die voordele wat dié tipe boerderymetodes inhou vir biodiversiteit en volhoubaarheid, en die feit dat organiese boerdery maklik inskakel by kleinskaalboerdery.

Opleiding, sake- en bemarkingsteun is vir organiese boere beskikbaar deur die agrisakesteunprogram. Die ontwikkeling van boere wat organiese produsente kan word, word gesteun deur die Landbounavorsingsraad, 'n statutêre liggaam met 'n nasionale mandaat, en Elsenburg.
VOORSKRIFTE:
Skakel vir meer inligting: Khalid Khan
7de Verdieping, Waldorfgebou, St George-wandellaan, Kaapstad
Tel: 021 483 8767
Faks: 021 483 3018
Kkhan@pgwc.gov.za
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Ekonomiese Sektorontwikkeling (Department of Economic Development and Tourism, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 31 Oktober 2005 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo