Inligting oor Nywerheidsektore
BESKRYWING: |
U kan inligting oor provinsiale en nasionale besigheids- en nywerheidsektore deur ń verskeidenheid staatsdepartemente en openbare entiteite verkry. Wesgro het gedetailleerde agtergrondstudies oor talle sektore in die Wes-Kaap onderneem en het ook maklik leesbare feiteblaaie gebaseer op hierdie verslae opgestel. Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika se sektorale strategiese sake-eenhede verskaf ook inligting oor en hulp aan die volgende sektore:
Handel en Belegging Suid-Afrika verskaf inligting oor die agro-verwerkingsektor, die motornywerheid, die inligting- en kommunikasietegnologiesektor en die tekstiel- en kleresektor. As deel van sy besigheidsteundienste verskaf die Sakeverwysings- en Inligtingsnetwerk (BRAIN) inligting oor ń groot getal sektore. |
VOORSKRIFTE: |
Kontak die Direktoraat van Nywerheidsontwikkeling oor nadere inligting. Ontwerpsektor Landbousake- en Metaalsektor Nigel Gwynne-Evans Tel: (021) 483 3859 Faks: (021) 483 4616 ngwynne@pgwc.gov.za |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Departement van Handel en Nywerheid (Die Regering van Suid-Afrika) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 September 2006 hersien