Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Toegang tot Finansiering en Inligting oor Aansporingskemas
BESKRYWING:
Die volgende is die hoof regeringsdepartmente, openbare entiteite en openbare-private vennootskappe wat klein ondernemings help om toegang tot finansiering te kry:

SEDA is die Departement van Handel  en Nywerheid se agentskap vir die steun van klein ondernemings in Suid-Afrika. Die webwerf het 'n volledige afdeling oor Finansiering vir Jou Onderneming, met relevante raad en koppelings na al die nasionale en provinsiale instellings wat geld verskaf.

Die Departement self administreer verskeie skemas en kontant toelaes om entrepreneurs te help, waaronder:

Volle besonderhede van dié en verskeie ander nasionale aanmoedigingskemas is beskikbaar op die Departement se webwerf.

Die NOK bied 'n reeks finansiële dienste aan:

  • Handelslenings
  • Aandele
  • Kwasi-aandele
  • Oorbruggingsfinasiering
  • Deelware-aanbieding
  • Waarborge
  • Opskorsende verkope
  • Groothandelsfinansiering
  • Uitvoerfinansiering
  • Invoerfinansiering
  • Steunprogram vir Nywerheidsvernuwing

Volledige inligting oor elk van dié produkte, aansoekvorms, prosedures en riglyne in beskikbaar op die NOK-webwerf.

Anders kan jy met die Wes-Kaapse kantoor in verbinding tree by:

Kantoor 2817, 28ste Verdieping, ABSA-sentrum, Hoek van Adderley- & Riebeeckstraat, Kaapstad
Posbus 6905, Roggebaai, 8012
Tel: 021 421 4794/5/6
Faks: 021 419 3570
capetown@idc.co.za

Khula is in 1996 gestig om toegang tot finansies te fasiliteer vir KMMOs. Dit is 'n groothandels finansieringsinstelling, wat beteken dit verskaf steun deur derde party-instellings, waaronder handelsbanke, kleinhandel finansiële tussengangers (KFTs) en mikrokrediet-afsetplekke. Deur hulle Thuso-mentorskapprogram verskaf Khula ook mentorskapprogramme om entrepreneurs te lei en raad te gee in verskeie aspekte van die bestuur van hulle ondernemings.

Besoek vir meer inligting die Khula-webwerf of skakel met hulle by:

Bradenham Hall, Mellispark, Mellisstraat 7, Rivonia Uitbr 20
Posbus 4197, Rivonia, 2128
Tel: 011 807 8464
Faks: 011 807 9023
Tolvrye hulplyn: 0800 11 8815
helpline@khula.org.za

CASIDRA is 'n organisasie wat plattelandse ontwikkeling in die Wes-Kaap aanmoedig. Hulle bestuur die Ikapa Absa Entrepreneursprogram, wat mede-gefinansier word deur die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap en Absa. Hulle bied sakelenings aan vir plattelandse ontwikkeling wat wissel van R10000 tot R160 000. Dié lenings word terugbetaal oor 3 jaar teen 'n vaste rentekoers van 10%. Aansoekers moet 'n lewensvatbare sakeplan indien.

'n Lys vereistes en aansoekvorms is beskikbaar by Red-deursentrums en CASIDRA-kantore.

Die CASIDRA-kantore is in die Paarl:

Louwslaan 22
Suider-Paarl
7624

Skakel vir meer inligting :
021 863 5000
www.casidra.co.za/
info@casidra.co.za
VERSKAF BY:
Hierdie fasiliteitskategorië:
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Ekonomiese Deelname (Department of Economic Development and Tourism, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Augustus 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo