Klagtes oor Persele met Dranklisensies
BESKRYWING: |
As 'n gelisensieerde handelaar 'n ergernis veroorsaak, kan dit strydig met die Drankwet of die voorwaardes van die lisensie wees. 'n Klagte moet by die polisie ingedien word wat stappe teen die handelaar sal doen. Waar 'n gemeenskapsorganisasie, byvoorbeeld 'n gemeenskapspolisiëringsforum of belastingbetalersvereniging, in 'n gemeenskap bedrywig is, moet hulle in kennis gestel word.As die probleem aanhou, word daar van die polisie verwag om 'n verslag aan die Drankraad te stuur. Die Drankraad mag 'n verhoor hou en die lisensie aan voorwaardes onderhewig maak of, indien nodig, die lisensie terugtrek of opskort. |
VOORSKRIFTE: |
Om 'n klagte teen 'n gelisensieerde perseel in te dien, moet jy 'n volledige beëdigde verklaring by die polisie aflê. |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
|
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Maart 2004 hersien