Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
MIV/vigs en u regte
BESKRYWING:
Mense wat MIV-positief is, het dieselfde regte as alle ander mense.

U het dieselfde reg op onderwys as enigiemand anders. ? Skool kan nie weier om u te onderrig omdat u MIV of vigs het nie en daar kan nie by die skool teen kinders wat saam met MIV/vigs leef, gediskrimineer word nie.

U het die reg om u eie besluite oor mediese behandeling te neem. U kan, byvoorbeeld, nie gedwing word om ? MIV-toets te ondergaan nie.

U het ook die reg om u eie besluit oor swangerskap te neem. U kan nie gedwing word om u swangerskap te beëindig omdat u MIV-positief is nie.

U reg op privaatheid beteken dat u die reg het om die feit dat u MIV-positief is vir uself te hou. U werkgewer of u dokter kan u nie dwing om hulle van u status in te lig nie en kan u nie dwing om ? MIV-toets te ondergaan nie.

U kan kies watter tipe werk u wil doen. U kan, byvoorbeeld, nie verhoed word om onderwys te gee of om ? gesondheidsorgwerker te word omdat u MIV-positief is nie.

U mag nie ? subsidie of ? lening om ? huis te koop, geweier word omdat u MIV of vigs het nie. Dit is onwettig om u weens u gesondheid uit u huis te sit.

Hospitale of mediese personeel kan nie weier om u te behandel nie.

U is geregtig op ? ongeskiktheidstoelae indien u tT siek is om uself of u familie te onderhou.
VOORSKRIFTE:
Indien u MIV-positief is of vigs het, het u die reg om u lewe met respek, waardigheid en vryheid te lei, vry van diskriminasie en blaam.

Indien u enige vrae rakende MIV/vigs het, kan u die gratis 24-uur-hulplyn skakel by 0800-012-322.

Indien u voel dat u regte geskend word, kan u dit by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanmeld. U kan ook enigeen van die NRO's nader wat mense ondersteun wat saam met MIV leef.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
SA Erfenishulpbronagentskap
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 Desember 2005 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo