BESKRYWING: |
Die Grondwet bepaal dat die grondliggende regte van alle Suid-Afrikaners beskerm en respekteer moet word. Die regte word in die Handves van Menseregte vervat, met 'n omskrywing van die omstandighede wat die beperking van die regte kan regverdig. Verskeie regeringsliggame en -instansies is ingestel om seker te maak dat die regte beskerm word. |
VOORSKRIFTE: |
As jou regte geskend word kan jy die saak by een van die volgende liggame aanmeld:
SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE Die SAMRK sal jou help as enige van jou regte in die Handves van Menseregte geskend of aangetas is. Jy kan die Handves van Menseregte nagaan om seker te maak of jou regte geskend of aangetas is. Om 'n klag in te dien moet jy die klagtevorminvul. Die SAMRK sal jou gewoonlik nie kan help nie, as:
As jy nie seker is of die SAMRK jou saak sal hanteer nie, skakel asseblief die Kommissie. Tree vir meer inligting met die Wes-Kaapse kantoor in verbinding: Ashraf Mahomed ONAFHANKLIKE KLAGTEDIREKTORAAT As jou regte deur die polisie geskend is, moet jy die Onafhanklike Klagtedirektoraat nader. Om 'n klag in te dien, moet jy die klagtevorm volledig en korrek invul. As jy oor enige aspek van die klagte-aanmeldingsvorm onseker is, moet jy asseblief die riglynevolg. Jy kan 'n e-pos oor jou klag stuur aan nmanne@icd.pwv.gov.za of dit faks aan 021 426 0705. Posadres: Privaatsak X 9173, Kaapstad, 8000 Of jy kan jou klag aanlynindien. OPENBARE BESKERMER As jy oor 'n staatsamptenaar wil kla, moet jy met die Openbare Beskermer in verbinding tree. Enigeen kan 'n klagte indien by die Openbare Beskermer, wat dan die saak sal ondersoek. As die Openbare Beskermer se personeel besluit dat die klagte steek hou, sal hulle alles in hulle vermoë doen om 'n oplossing te vind, wat veranderings aan die stelsel insluit. As jy nie die probleem kon oplos deur met die amptenaar of die toesighouer te praat nie, moet jy vir die Openbare Beskermer skryf. Die brief moet die volgende inligting bevat:
In sommige gevalle sal die Openbare Beskermer dalk 'n beëdigde verklaring vereis voordat ondersoek ingestel word. As jy hulp met die klagte nodig het, kan jy die Openbare Beskermer se kantoor skakel. Daar is opgeleide personeel wat afgesien van die omvang daarvan, na 'n klagte sal luister en ondersoek sal instel. Posadres: Wes-Kaapse Streekkantoor, Posbus 712, Kaapstad, 8000 KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE As jou werkgewer jou regte geskend het, moet jy met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in verbinding tree (nadat jy die probleem by die werk probeer oplos het). Die KVBA sal:
Nader vir meer inligting: Posadres: Privaatsak X9167, Kaapstad, 8000 KOMMISSIE VIR GESLAGSGELYKHEID As daar teen jou gediskrimineer is (jy sleg behandel is) op grond van jou geslag, moet jy die Kommissie vir Geslagsgelykheid nader. Wanneer jy 'n klag aanhangig maak, moet jy soveel inligting moontlik probeer verskaf. Klagte is streng vertroulik. Nog inligting is beskikbaar by: Straatadres: 7de Verdieping, ABSA-gebou, Adderleystraat 132,Kaapstad, 8001 |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie |