BESKRYWING: |
Indien u 'n slagoffer van misdaad is, is u heel moontlik getraumatiseer. In die verlede was 'n polisiestasie nie 'n plek waar slagoffers, veral van geweldsmisdade, op hulle gemak verklarings by die polisie kon aflê, of berading kon ontvang vir die trauma wat hulle ervaar nie.Die Departement van Gemeenskapveiligheid het gevolglik 'traumakamers', ook bekend as 'kamers vir die gerusstelling van slagoffers', 'slagofferondersteuningskamers' of 'veiligheidskamers', in elke polisiestasie in die Wes-Kaap befonds. Bykans elke volwaardige polisiestasie (maar nie satellietpolisiestasies nie) beskik nou oor 'n traumakamer. Daar is altesaam 129 traumakamers in die Wes-Kaap. Die veronderstelling is dat die kamer meer privaat as die klagtekantoor moet wees, en ook geriefliker gemeubileer. Alhoewel elke traumakamer anders lyk, sal elkeen na voltooiing van die inrigtingsproses 'n spesiaal opgeleide polisiebeampte, 'n professionele berader en opgeleide vrywilligers beskikbaar hê. Die Departement van Gemeenskapveiligheid het begin om vrywilligers in groepe op te lei. Die NRO's, die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en Rehabilitasie van Oortreders (NIMRO) en die Traumasentrum, help albei met die opleiding van vrywilligers en die inrigting van traumakamers. Op die oomblik verskil die hulp wat u ontvang van traumakamer tot traumakamer. Sommige van die beraders of vrywilligers is moontlik ook nie voltyds daar nie, maar is op bystand, en word gebel om te kom help wanneer nodig. Die NRO Rape Crisis het 'n oudit van die huidige stand van traumakamers gedoen om uit te vind wat in elke traumakamer vir slagoffers beskikbaar is en oor watter tipe opleiding beraders en vrywilligers beskik. Kliek hier om uit te vind watter hulp by u plaaslike polisiestasie beskikbaar is. Indien u nie by u polisiestasie gehelp kan word nie, of nie daar gehelp wil word nie, bied die Kaapstadse NRO die Traumasentrum ook gratis berading vir slagoffers van geweldsmisdaad. |
VOORSKRIFTE: |
Nadat u die misdaad wat teen u gepleeg is in die aanklagkantoor by die naaste Indien u enige vrae, voorstelle of klagtes omtrent traumakamers het, tree in verbinding met: Nomfundo Walaza (Direkteur) Traumasentrum vir Oorlewing van Geweld en Marteling Cowley Huis, Chapelstraat 126, Woodstock, Kaapstad Posbus 13124, Woodstock, 7915 Tel: 021 465 7373 Faks: 021 462 3143 nomfundo@trauma.org.za |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Suid-Afrikaanse Polisiediens |
Indien u 'n slagoffer van misdaad is, is u heel moontlik getraumatiseer. In die verlede was 'n polisiestasie nie 'n plek waar slagoffers, veral van geweldsmisdade, op hulle gemak verklarings by die polisie kon aflê, of berading kon ontvang vir die trauma wat hulle ervaar nie.