BESKRYWING: |
In Suid-Afrika is daar na raming 3,3 miljoen ongeletterde volwassenes. Om ongeletterdheid uit te wis, is een van die nege prioriteite van die Nasionale Onderwysstrategie, Tirisano. Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (BOOV) is tot die beskikking van volwassenes wat hul basiese opvoeding wil voltooi. Die doel met BOOV, as 'n uitkomsgebaseerde program, is om basiese leertoerusting, kennis en vaardighede aan volwassenes te voorsien, en dit bied aan deelnemers kwalifikasies wat nasionaal erken word. Die vier opleidingsvlakke wat deur BOOV gedek word, staan gelyk aan grade R tot 9. BOOV sluit opleiding op die volgende terreine in:
Leerders kan ook die keuse uitoefen om kursusse oor die volgende onderwerpe te neem:
|
VOORSKRIFTE: |
Daar bestaan 'n BOOV-sentrum by elkeen van die sewe Onderwysbestuurs-en-onwikkelingsentrums (OBOS'e) in die provinsie. kan jy die OBOS-beplanner in jou gebied skakel. Gedetailleerde inligting oor die kwalifikasies en kurrikulum wat deur BOOV gedek word, kan op die WKOD se BOOV- assesseringswebwerf verkry word. Vir verdere inligting oor die provinsiale regering se inisiatiewe met betrekking tot BOOV kan jy die volgende persoon skakel: Dave ShepherdTel: 021 467 2611/13 Faks: 021 467 2996 dshepherd@pgwc.gov.za |
VERSKAF BY: |
Hierdie fasiliteitskategorië: |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Institusionele Bestuurs- en Beheerbeplanning (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |