BESKRYWING: |
Die WKOD voorsien 'n verskeidenheid hulpmiddele aanlyn aan opvoeders en leerders. |
VOORSKRIFTE: |
EDUMEDIA AANLYN Op hierdie WKOD-webwerf is daar 'n winkel en 'n biblioteek aanlyn. Die winkel bevat 'n katalogus van alle opvoedkundige publikasies wat deur die Departement geproduseer is, en wat aanlyn aangekoop kan word. Die biblioteek bevat 'n katalogus van internet-hulpmiddele wat vir die opvoeder of leerder van nut kan wees. WKOD-EKSAMENS AANLYN Hierdie webwerf bevat vorige eksamenvraestelle vir die Senior Sertifikaat, asook antwoordvoorstelle. HULPMIDDELE VIR DIE LEERSKOLEPROJEKDie Leerskoleprojek hou 'n lys van hulpmiddele in stand wat aanlyn beskikbaar is, en wat daarop gemik is om onderrig en leer in skole te verbeter. Dit sluit inligting oor die volgende in:
NASIONALE DVO SE HULPMIDDELESENTRUM Die Hulpmiddelesentrum van die Departement van Onderwys bevat 'n aanlynkatalogus van beskikbare hulpmiddele wat die volgende insluit:
Die Hulpmiddelesentrum het ook skakels met die webwerwe van ander biblioteekinligtingsdienste. SKOOLNET Die Departement van Onderwys ondersteun die SkoolNet-inisiatief, wat as doel het om gemeenskappe van leerders en opvoeders te help vestig wat van inligting- en kommunikasietegnologie gebruik maak. Die SkoolNet-webwerf bevat gedetailleerde inligting vir leerders en opvoeders. Hierdie inligting strek vanaf skoolkontak-besonderhede tot by huidige sowel as argiefbewaarde opvoedkundige hulpmiddele. Opvoedkundige projekte wat deur SkoolNet en sy vennote onderneem word, sluit die volgende in:
|
|
STAATSLIGGAAM:
|
Spesialis- onderwyssteundienste (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |