BESKRYWING: |
Verskeie staats- en nie-regeringsorganisasies bied noodreddings- en vervoerdienste aan. Hierdie nooddienste verskaf kitsbystand aan pasiënte en neem sulke pasiënte ook hospitaal toe. In die Wes-Kaap word dienste gelewer deur: METRO-DIENSTE METRO voorsien 'n 24-uur- mediese nooddiens vir die redding en vervoer van siekes en beseerdes na die naaste toepaslike gesondheidsorgfasiliteit. Die Wes-Kaap het 'n vloot wat uit sowat 400 voertuie bestaan en die volgende insluit: reddingsvoertuie, snelreaksievoertuie, pasiëntvervoerders en ambulanse. Elke ambulans word beman deur twee personeellede wat opgelei is om 'n mediese nooddiens te voorsien. Die vlak van mediese sorg word deur die kwalifikasies van die span bepaal en sluit die volgende in: basiese lewensondersteuning, intermediêre lewensondersteuning en gevorderde lewensondersteuning (paramediese dienste). Gespesialiseerde reddingskwalifikasies rus personeel toe met kennis en vaardighede wat nodig is om gevorderde mediese redding uit te voer. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika bepaal die standaarde vir die onderrig en opleiding van nooddienspersoneel en vereis dat hulle geregistreer moet word voordat hulle mag praktiseer. Die mediese nooddiensreaksie en die tydsduur om pasiënte na hospitale te vervoer hang af van die kompleksiteit van die mediese probleem en die afstand van die voorval van die naaste fasiliteit. Mense wat om hulp skakel, moet die volgende noodsaaklike inligting verstrek:
Ten einde die voortbestaan van 'n doeltreffende diens te verseker, moet pasiënte se regte en verantwoordelikhede teen mekaar opgeweeg word. Mense word dus versoek om ambulansdienste slegs te gebruik waar daar 'n ware noodgeval is. ROOIKRUIS LUGREDDINGSDIENSTE Die Rooikruis Lugreddingsdiens word gebruik om siek mense oor lang afstande na Kaapstad se drie tersiêre hospitale te vervoer. Die diens kan nie direk deur lede van die publiek gebruik word nie en is slegs vir openbaregesondheidspersoneel toeganklik. NOODHULPORGANISASIES Noodhulporganisasies soos St John Ambulance, SA Rooikruisvereniging en SA Noodhulpliga lewer ondersteuningsdienste aan Metro-dienste en verleen noodhulp by sport- en kultuurbyeenkomste. Vrywilligers maak 'n belangrike deel van die diens uit en daar is vrywilligergroepe in dorpe oor die hele Wes-Kaap. Hierdie groepe kan deur die ambulansdienste in al vier streke genader word (kontaknommers hieronder). Voornemende vrywilligers kan die Pinelands-afdeling van die diens by 021 511 5154 skakel en vra om met die koördineerder van die vrywilligergroepe te praat. Gewoonlik word 'n onderhoud met voornemende vrywilligers gevoer en nadat hulle aangesluit het, word vrywilligers saamgeneem wanneer 'n ambulans uitgeroep word. Van vrywilligers word verwag om noodhulpkursusse op Vlak 1, 2 en 3 wat deur paramediese personeel aangebied word by te woon. Daarbenewens word van vrywilligers verwag om kort kursusse by die Academy of Emergency Medical Care by die Kaapse Technikon by te woon. Die kursusse behels basiese, intermediêre en gevorderde lewensondersteuning. Die volgende kontaknommers kan van nut wees: St John Ambulance: Tel. 021 461 8420, na-uurse noodnommer 021 423 3333 SA Rooikruisvereniging: Tel. 021 797 5360, redxcape@iafrica.com SA Noodhulpliga: Tel. 021 948 6294 |
||||||||||
VOORSKRIFTE: |
Vir mediese nooddiens skakel die nasionale Mediese Noodnommer 10177 en 'n ambulans sal van een van verskeie afsendingsentra in die Wes-Kaap gestuur word. Die provinsiale Mediese Nooddienste kan by die volgende nommers geskakel word (slegs kantoorure):
|
||||||||||
VERSKAF BY: |
Hierdie fasiliteitskategorië: |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Departement van Gesondheid (The Government of South Africa) |
PRYS: |
Niemand sal die diens geweier word op grond van vermoë om te betaal nie. Indien die pasiënt 'n mediese fonds het, sal 'n eenvormige pasiënttariefkoers toegepas word. Indien nie, word die pasiënt geëvalueer volgens inkomste en dienooreenkomstig aangeslaan. |