Die ATICC-bronbiblioteek is oop vir die publiek en het inligting oor alle aspekte van MIV/VIGS/SOI's en TB. Die Biblioteek bevat 'n volledige versameling videos, tydskrifte, artikels, opleidingshandleidings, navorsingsdokumente, verslae, gidse, pamflette, koerantuitknipsels en blaaiborde. Dit is 'n verwysingsbiblioteek met 'n uitleengerief vir die uitvoerige videoversameling.
>