Toetsing vir Borskanker
BESKRYWING: |
Vroue word gewys hoe om hulle borste vir knoppe wat kankeragtig kan wees, te ondersoek. As 'n knop opgemerk word, sal die kliënt vir verdere ondersoek verwys word, wat 'n mammogram kan insluit, die verwydering en toetsing van die knop om uit te vind of dit nie-kwaadaardig (nie-kankeragtig) of kwaadaardig (kankeragtig) is, berading, en behandeling, indien nodig. |
VOORSKRIFTE: |
Opvoeding in selfondersoek van die borste word in klinieke gegee. 'n Verwysing na die klinieke vir buitepasiënte by streeks- en tersiêre hospitale waar volledige borskankerdienste verkry kan word, is nodig.As jy vir die eerste keer 'n kliniek of hospitaal besoek, sal daar van jou verwag word om 'n vorm in te vul en 'n kliëntelêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam en jou kliniek- of hospitaalkaart, indien jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het, en die verwysingsbrief van die kliniek as jy verwys word na 'n borskankerkliniek by 'n hospitaal. |
VERSKAF BY: |
Hierdie fasiliteitskategorië: |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika) |
PRYS: |
Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis vir mense wat nie 'n lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, mag daar kostes wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Hospitale sal jou vir 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vra. |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Januarie 2004 hersien