BESKRYWING: |
Die Huurbehuisingstribunaal lewer gratis dienste aan huurders en eienaars oral in die Provinsie Wes-Kaap. Verhore en bemiddeling word so na as moontlik aan die punt van die klagte gehou. Die Tribunaal, wat in 2001 gevorm is, bestaan uit vyf lede (met inbegrip van die voorsitter en ondervoorsitter), wat aangestel is deur die LUR. Die lede van die Tribunaal is kenners van eiendomsbestuur, behuisingsontwikkeling en verbruikersake wat met huurbehuising verband hou . Die Tribunaal word deur die Ondersteuningskomponent van die Direktoraat Behuisingsvestiging bygestaan. Die Tribunaal streef na die volgende:
|
VOORSKRIFTE: |
Klagtes moet ingedien word op die klagtevorm wat by die Tribunaal verkry kan word. Die Tribunaal sal 'n voorlopige ondersoek doen om vas te stel of die klagte verband hou met 'n geskil ten opsigte van 'n saak wat op 'n onbillike praktyk kan neerkom. Indien nodig, kan 'n inspekteur die betrokke eiendom ondersoek en 'n verslag opstel. Die Tribunaal moet binne 30 dae na ontvangs van die klagte bepaal of die klagte verband hou met 'n geskil ten opsigte van 'n saak wat op 'n onbillike praktyk kan neerkom. As die klagte nie met so 'n geskil verband hou nie, sal die klaer skriftelik daarvan in kennis gestel word. As die klagte wel met so 'n geskil verband hou, sal die Tribunaal probeer om die saak deur middel van informele of formele bemiddeling op te los. As die partye nie 'n ooreenkoms kan bereik nie, sal die saak verwys word vir 'n uitspraak tydens 'n formele verhoor. Enige huurder of eienaar of groepe huurders of eienaars of belangegroep in die Provinsie Wes-Kaap kan klagtes by die Wes-Kaapse Huurbehuisingstribunaal indien. Bemiddeling is 'n proses wat mense aanmoedig om geskille op te los deur op 'n informele, veilige en vertroulike manier met mekaar te praat. Opgeleide, ervare en onpartydige bemiddelaars help die partye om 'n ooreenkoms te bereik. Die partye besluit wat in die ooreenkoms moet staan, nie die bemiddelaars nie. 'n Ooreenkoms kan 'n bevel van die Tribunaal gemaak word. 'n Verhoor is 'n proses waardeur albei partye hul saak kan stel, met ondersteunende bewyse, sodat die Tribunaal 'n uitspraak kan lewer wat finaal en bindend is vir albei partye. Die uitspraak van die Tribunaal kan slegs deur die Hooggeregshof hersien word. 'n Uitspraak deur die Tribunaal word as 'n bevel van 'n Landdroshof beskou. Enige persoon wat versuim om aan Artikel 16 te voldoen, sal skuldig wees aan 'n oortreding en kan by skuldigbevinding 'n boete of tronkstraf van nie meer as twee jaar nie, of beide, opgelę word, as jy byvoorbeeld:
Inbelsentrum: 0860 106 166 Faks: 021 483 2060 Die Wes-Kaapse Huurbehuisingstribunaal Waalstraat 27, Grondvlak, Kaapstad |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Behuisingsvestigingsontwikkeling (Departement van Plaaslike Regering en Behuising, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |