BESKRYWING: |
Mense wat hulp nodig het met die misbruik van middels, kan in Sentrums vir Dwelmbehandeling opgeneem word of hulle kan toegang kry tot dwelm- en alkoholberadingsdienste. TOELATING TOT DWELMBEHANDELINGSENTRUMS Enigiemand met 'n probleem met dwelmafhanklikheid kan na 'n sentrum vir dwelmbehandeling verwys word. Dit kan op drie maniere geskied:
DWELM- EN ALKOHOLBERADING Jy kan dwelmberading kry by sentrums vir dwelmberading sonder dat jy in 'n behandelingsentrum opgeneem word. Daar is ook 'n alkoholveiligheidskool, wat 'n opsie vir vonnis is vir diegene wat skuldig bevind word aan dronkbestuur, en 'n dwelminligtingskool vir jong mense tussen 12 en 21 jaar wat 'n dwelmverwante oortreding begaan het. |
VOORSKRIFTE: |
OPNAME IN DWELMBEHANDELINGSENTRUMS Vrywillige opnameEnigiemand wat namens hom- of haarself optree, of wat deur 'n vriend of deur 'n ouer of voog (namens 'n minderjarige) optree, kan aansoek doen om in 'n behandelingsentrum opgeneem te word. Dit word vrywillige opname genoem. Om aansoek te doen om vrywillige opname, moet jy die behandelingsentrum waar jy opgeneem wil word, kontak u naaste sentrum vir dwelmbehandeling. 'n Maatskaplike werker moet 'n verslag oor jou maatskaplike omstandighede opstel en jou mediese verslag of psigiatriese verslag kry om die vrywillige opname te ondersteun. Hierdie verslae moet na die hoof van die behandelingsentrum gestuur word, wat dan sal besluit of jy voordeel sal trek uit die behandeling en of jy dus toegelaat moet word, en of jy kan bekostig om vir die behandeling te betaal en of jy gesubsidieer moet word. Vrywillige opname is vir enige tydperk tot ses maande. Kommittering Jy kan 'n kommittering kry deur 'n hofbevel vir iemand met 'n probleem met afhanklikheid wat nadelig is vir die persoon. Om dit te doen, moet jy 'n klag indien by die staatsaanklaer in die landdrosdistrik waar die persoon woon. Jy kan ook na enige maatskaplike werker gaan en versoek dat die klag namens jou gelę word. Jou klagte moet ondersteun word deur 'n beëdigde verklaring, deur jou of deur die maatskaplike werker, waarin jy beskryf hoe die persoon afhanklik is van dwelms en in watter opsig hierdie afhanklikheid skade veroorsaak. Die aanklaer sal dan die klerk van die hof vra om 'n dagvaarding uit te reik wat deur 'n polisiebeampte by die persoon afgelewer moet word. Die dagvaarding sal die persoon versoek om voor 'n landdros te verskyn vir 'n ondersoek. Indien die aanklaer reeds 'n verslag van 'n maatskaplike werker oor die maatskaplike omstandighede van die persoon het, kan die aanklaer die landdros versoek om 'n lasbrief vir inhegtenisneming uit te reik vir hierdie ondersoek. Vir die ondersoek moet 'n maatskaplike werker 'n verslag opstel wat by die landdros ingedien moet word. Indien daar bevind word dat die persoon afhanklik is van dwelmmiddels en dat enigiemand nadelig geraak word daardeur, en dat dit in die belang van die gemeenskap is dat hy behandeling moet ontvang, kan daardie persoon na 'n behandelingsentrum verwys word. Die besluit kan herroep word of dit kan deur die Hooggeregshof hersien word. Vonnis Indien 'n persoon skuldig bevind word aan 'n dwelmverwante misdaad wat die gevolg was van die feit dat die persoon aan dwelms of alkohol verslaaf is, kan 'n vonnis opgelę word dat die persoon na 'n behandelingsentrum moet gaan. 'n Proefbeampte of maatskaplike werker moet egter ook vir die hof 'n verslag invul met 'n aanbeveling dat hierdie persoon behandeling vir die afhanklikheidsprobleem nodig het. SENTRUMS VIR DWELMBEHANDELING De Novo Behandelingsentrum Hesketh King Behandelingsentrum Kenilworth Place Addiction Treatment Centre Ramot Behandelingsentrum Serenity Sorgsentrum Toevlug Sentrum DWELM- EN ALKOHOLBERADING 'n Mens kan dwelmberading verkry deur een van die volgende sentrums te skakel of te besoek: Kaapstad Sentrum vir Dwelmberading SANRA: Alkohol- en Dwelmsentrum Vir enige navrae in verband met die alkoholveiligheidskool of dwelminligtingskool, kontak: Kathlene CoetzeeDepartement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting Koningin Victoria-straat 14, Kaapstad, 8001 Privaat sak X9112, Kaapstad, 8000 Tel: 021 483 3519 Faks: 021 483 4481 |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Department of Social Development (Provincial Government of the Western Cape) |