Meld Maatskaplike Welsynsbedrog Aan
BESKRYWING: |
"Bedrog kos jou geld. Sien dit raak, Meld dit aan, Sit dit stop! " Bedrog en korrupsie in die maatskaplike welsynstelsel kos die regering tans elke jaar sowat R1, 5-duisend-miljoen. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het 'n teen-korrupsie inisiatief van stapel gestuur om bedrog in die welsynstelsel teen te werk. |
VOORSKRIFTE: |
Jy kan die tolvrye nasionale maatskaplike welsynsbedrogblitslyn skakel by 0800 203 293. Die inbelsentrumoperateurs is van Maandag tot Vrydag tussen 7:30vm en 4nm beskikbaar. As jy nie jou naam wil gee nie, kan jy iets anoniem aanmeld. |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (Die Regering van Suid-Afrika) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Junie 2005 hersien