Registrasie van 'n Bestuurslisensietoetssentrum
BESKRYWING: |
Indien u 'n bestuurslisensietoetssentrum wil oopmaak, moet die sentrum by die Minister van Vervoer geregistreer word. Sodra 'n aansoek om 'n bestuurstoetssentrum te open ontvang word, sal die inspektoraat van bestuurslisensietoetssentrums die betrokke toetssentrum evalueer en 'n gepaste gradering aanbeveel. Die inspektoraat sal ook ten minste een inspeksie per jaar uitvoer om die standaarde wat by die toetssentrum toegepas word te moniteer en die bestuurstoetssentrum van raad te dien oor enige verbetering en instandhouding van toetsgeriewe en prosedures wat nodig mag wees. Tans word slegs munisipaliteite met verkeersdepartemente toegelaat om bestuurstoetssentrums te bedryf. |
VOORSKRIFTE: |
Om aansoek te doen om 'n bestuurstoetssentrum te registreer, moet vorm DTC ingevul word. Die name van 'n bestuursverteenwoordiger en eksamineerders vir bestuurslisensies moet op die vorm aangedui word.Die volgende moet in die aansoek gendentifiseer word:
|
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 Maart 2004 hersien