Permitte vir Abnormale Vragte en Voertuie
BESKRYWING: |
'n Permit word vereis om abnormale vragte en voertuie te vervoer. Die vereistes vir 'n permit hang af van die grootte en aard van die vrag of voertuig.Die voorwaardes wat vir 'n permit geld, word op die permit self uiteengesit en kan verkeersbystand insluit. |
VOORSKRIFTE: |
Permitte is beskikbaar by die Departement van Vervoer en Openbare Werke se Wetsadministrasie-afdeling. Aansoeke kan persoonlik of deur 'n konsultant gedoen word, maar moet geskied voor 12 uur die middag op die dag voordat die voertuig of vrag vervoer word. Aansoeke wat daarna gemaak word, sal op die volgende dag eers oorweeg word. Daar word van die permithouer vereis om verskeie voorwaardes na te kom. Skakel die volgende nommer vir meer besonderhede:Coretha Matthee Telefoon: 021 483 2074 chmatthe@pgwc.gov.za |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
PRYS: |
Tariefstruktuur vir permit vir abnormale voertuie of abnormale vragte Tariefstruktuur vir verkeersbystand |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Maart 2004 hersien