Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Spesiale Nommerplate vir Motorvoertuie
BESKRYWING:
Motorvoertuigeienaars kan aansoek doen om spesiale en verpersoonlikte nommerplate.
VOORSKRIFTE:
Aansoeke kan direk ingedien word by die Padinfrastruktuurtak, of jy kan die naaste motorvoertuigregistrasiegesag nader.

Om aansoek te doen om 'n spesiale nommerplaat moet jy die aansoekvorm SLN1 invul en terugstuur, saam met 'n afskrif van jou RSA ID. Sakeaansoekers moet 'n Verkeersregisternommer-sertifikaat verskaf (uitgereik deur 'n motorvoertuigregistrasiegesag) of 'n Sakeregistrasiesertifikaat (uitgereik deur die registrateur van maatskappye) en 'n afskrif van die volmag of verteenwoordiger se RSA ID. Aansoekvorms kan gepos of gefaks word aan die Lisensienommerafdeling by:

Posbus 2603, Kaapstad, 8000
Kamer 2-20, Dorpstraat 9, Kaapstad, 8000
Faks: 021 483 2027

Jy kan ook direk na die kantore gaan tussen 8.00 - 12.15 vm.

Gefaksde aansoeke word binne 24 uur op reageer. As dit goedgekeur word, sal jy ontvang:

  • 'n goedkeuringsbrief
  • 'n brief wat betaling eis.

Nadat bewys van betaling ingedien en verwerk is, sal aan jou uitgereik word:

  • 'n lisensiebrief
  • 'n SNL2 vorm
  • 'n PLN2-sertifikaat (vir persoonlike lisensienommer)
  • 'n bestellingsbrief vir die nommerplaatvervaardiger om hulle in staat te stel om die nommerplate te maak.

Jy moet die voertuig laat registreer by 'n motorvoertuigregistrasiegesag- sentrum. Die lisensiebrief en PLN2-sertifikaat stel jou in staat om jou voertuig te lisensieer met die spesiale voertuignommerplate. Die spesiale nommerplate word gemaak by 'n goedgekeurde handelaar.

Om 'n spesiale lisensienommer te hou of oor te dra, kan jy 'n aansoekvorm aan die lisensienommerafdeling stuur. Aansoeke moet 'n RSA ID en 'n Verkeersregisternommer of 'n Sakeregistrasiesertifikaat, soos van toepassing, by hê.

Vir meer inligting kan jy die Cape Gateway-inbelsentrum bel by 0860 142 142.

Daar is spesiale voorwaardes van toepassing op die gebruik van spesiale nommerplate.

Besoek vir meer inligting asseblief die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie Persoonlike en Spesiale Diskrete Nommers-webwerf waar jy kan:

  • nagaan of 'n lisensienommer beskikbaar is
  • 'n aanlyn aansoekvorm kan indien.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
Verpersoonlikte Lisensienommergeld  
1 x alfabet- of numeriese karakterR10 000.001 - WP
B - WP
2 x alfabet- of numeriese karakterR6 000.0011 - WP
1A - WP
AB - WP
3 x alfabet- of numeriese karakterR4 000.00111 - WP
ABC - WP
Alle ander, tot 'n maksimum van sewe alfabet- of numeriese karaktersR1 750.00JOHNNY2 - WP
RUN2ME - WP
3 x syfers en lettersR10 000.00CA 1
4 x syfers en lettersR6 000.00CA 11
CAW 1
6 x syfers en lettersR2 000.00CA 1111
CAW 111
Alle anderR600.00CA 123-456
CAW 12345
Registrasie fooi: R69.00
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Julie 2007 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo