Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Voertuigklaringsertifikate
BESKRYWING:
Indien u motor se enjinnommer of onderstelnommer verander het, word van u vereis om 'n klaringsertifikaat te bekom voordat die voertuig herregistreer kan word.
VOORSKRIFTE:
U moet eers by 'n motorvoertuigregistrasiekantoor aansoek doen om polisieklaring. Daarna moet u u voertuig na 'n voertuigklaring-eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens neem waar die klaringsertifikaat uitgereik sal word.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
Geen geld word gehef nie, behalwe indien 'n nuwe onderstel- of enjinnommer gebosseer moet word.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo