BESKRYWING: |
Voordat u passassiers teen betaling mag vervoer, moet u 'n openbare bedryfslisensie hê. |
VOORSKRIFTE: |
Openbare bedryfslisensies kan by die Provinsiale Raad op Bedryfslisensies verkry word. U moet die volgende inligting op die vorm invul:
U moet ook 'n verklaring aflê waarin u bevestig dat u nie 'n gewelds- of ernstige oortreding begaan het of aan 'n oortreding waarby onwettige wapens betrokke is, skuldig bevind is nie. Administrasiegeld van R25 is betaalbaar. Bedryfslisensies is vir hoogstens vyf jaar geldig. Om vir 'n taxibedryfslisensie te kwalifiseer, moet u 'n lid van 'n volledig geregistreerde taxivereniging wees. Taxiverenigings word by die Provinsiale Taxiregistrateur geregistreer. Nadat 'n bedryfslisensie aan u uitgereik is, word van u vereis om op versoek van 'n verkeersbeampte hierdie lisensie te toon en u moet 'n onderskeidende plakker op u voertuig aanbring. Wes-Kaapse Provinsiale Bedryfslisensiëringsraad Posadres: Privaatsak X8, Goodwood, 7460 Faks: 021 592 4593 Epos: publictransport@pgwc.gov.za Provinsiale taxikantoor en registrateur Telefoon: 021 592 4721Faks: 021 591 6290 |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Openbare Vervoer (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
PRYS: |
Administrasiegeld - R25 |