BESKRYWING: |
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad vir verfilmingsdoeleindes te gebruik. Die permitaansoek wat ingevul moet word hang daarvan af of die pad waar die verfilming gaan plaasvind 'n munisipale pad of 'n provinsiale pad is. U kan die Kaapse Filmkommissie of die kantoor van Provinsiale Paaie-infrastruktuur skakel om uit te vind of 'n pad 'n munisipale of provinsiale pad is. |
VOORSKRIFTE: |
MUNISIPALE PAAIE Die Munisipaliteit hanteer aansoeke om op munisipale strate, paaie, sypaadjies en padskouers te verfilm. Die produksiemaatskappy moet seker maak dat normale voetganger- en voertuigtoegang te alle tye gehandhaaf word, behalwe wanneer die verfilming plaasvind, tensy algehele gebruik van 'n spesifieke area in die permit gespesifiseer is. Indien 'n pad afgesper moet word, moet 'n alternatiewe roete beskikbaar wees.Besonderhede oor hoe om aansoek te doen om 'n permit, word in die Konsepbeleidsdokument oor Kommersiële Film- en Fotografiese Geleenthede uiteengesit. Skakel die Kaapse Filmkommissie vir meer inligting: Tel: 021 483 9060 PROVINSIALE PAAIE Aansoek om 'n provinsiale pad vir die doeleindes van verfilming te gebruik, moet aan die Departement van Vervoer en Openbare Werke se Wetsadministrasie-afdeling gerig word nie later nie as twee weke voordat enige verfilming begin. Die aansoek moet die volgende inligting bevat:
Die aansoek sal na die betrokke provinsiale verkeersafdeling verwys word, wat verkeersbystand sal verleen teen 'n koste wat volgens die verkeersbystandtariewestruktuur bepaal word. Sluiting van provinsiale paaie mag nie vir langer as tien minute met verkeer inmeng nie. U word versoek om aansoek te doen om Provinsiale goedkeuring wanneer u vir 'n film- of fotogeleentheidkontrak kwoteer. Skakel die volgende nommers vir meer inligting: Kaapse Filmkommissie Tel: 021 483 2080 Faks: 021 483 2357 |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
PRYS: |
Provinsiale Tariewe R70 - Administrasiegeld R4000 - Aansoek om verfilming R1000 - Aansoek om fotogeleentheid Tariefstruktuur vir verkeersbystand |