Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Die Aanmeld van Padtoestande
BESKRYWING:
Daar is drie soorte paaie: nasionale, provinsiale en plaaslike paaie. Dié paaie word gebou en in stand gehou deur verskillende liggame.

PROVINSIALE PAAIE

Die bou en instandhouding van provinsiale paaie is die verantwoordelikheid van die Padinfrastruktuur- tak van die Departement van Vervoer en Openbare Werke.

Om probleme met provinsiale paaie aan te meld, kan jy 021 483 2011 bel of in verbinding tree met jou Distrikspadkantoor of Distrikspadingenieur.

NASIONALE PAAIE

Nasionale paaie word hanteer deur die Nasionale Padagentskap. Vir inligting oor die huidige toestand van nasionale paaie, kliek hier.

PLAASLIKE PAAIE

Plaaslike of munisipale paaie is die verantwoordelikheid van die relevante munisipaliteit. Vir inligting oor paaie in die Stad Kaapstad, kliek hier.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 24 Mei 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo