BESKRYWING: |
WAT IS DIE PADONGELUKFONDS? As iemand in 'n motorongeluk beseer of gedood is as gevolg van die nalatigheid van 'n bestuurder wat in die ongeluk betrokke was, kan so iemand of sy/haar naasbestaandes vergoeding van die Padongelukfonds eis. Dit beteken selfs al het die bestuurder van die motor nie versekering nie, kan u geld kry om u te help om vir u mediese uitgawes te betaal en om te vergoed vir die tyd dat u nie kan werk nie. Die Padongelukfonds is 'n openbare entiteit wat ingestel is om vergoeding te betaal aan mense wat in padongelukke beseer word of vir die afhanklikes van mense wat in padongelukke gedood is as gevolg van die nalatige bestuur van 'n motorvoertuig in Suid-Afrika. Die Fonds kry sy/haar geld uit 'n brandstofheffing wat by die prys van petrol en diesel ingesluit is. WIE KAN VAN DIE FONDS EIS?
'n Eis kan ingestel word slegs as die ongeluk deur iemand anders se nalatige bestuur veroorsaak is. U kan nie eis as u die ongeluk veroorsaak het nie. U kan ook nie eis as u die enigste persoon en voertuig is wat in die ongeluk betrokke was nie, byvoorbeeld as u in 'n paal vasgery het. As u die bestuurder in die ongeluk was, maar nie die eienaar van die motor is nie en die ongeluk veroorsaak is deur die eienaar van die motor se nalatigheid (byvoorbeeld as hy/sy nie die remme reggemaak het nie) en u beseer is, kan u van die Fonds eis. WAARVOOR KAN U GELD KRY? As iemand in die ongeluk beseer of gedood is, kan u eis vir:
As u gedeeltelik verantwoordelik was vir die ongeluk, kan u steeds eis, maar u sal net 'n deel van die skadevergoeding ontvang. Byvoorbeeld, as u 50% verantwoordelik was, sal u net 50% van die skadevergoeding kry. As u 25% verantwoordelik was, sal u 75% van die skadevergoeding kry. U kan nie eis vir skade aan u voertuig of eiendom nie. Om geld hiervoor te kry, moet u die bestuurder van die voertuig wat die ongeluk veroorsaak het, dagvaar. As hy/sy versekering het, sal sy/haar versekering jou betaal; indien nie, sal hy/sy self jou moet betaal. WAT IS NALATIGHEID? Net ongelukke wat deur iemand anders se nalatigheid veroorsaak is, kan aanleiding gee tot eise teen die Fonds. U moet dus bewys dat iemand anders nalatig was. U doen dit deur te bewys dat die bestuurder nie sy/haar voertuig bestuur het op 'n wyse waarop 'n redelike bestuurder in die omstandighede sou bestuur nie. HOEVEEL GELD KAN U EIS? As u nie in die voertuig was wat die ongeluk veroorsaak het nie, is daar geen perk op die skadevergoeding wat u uit die Padongelukfonds kan eis nie. As u of u broodwinner 'n passasier was in die motor wat die ongeluk veroorsaak het, kan u nie vir meer as altesaam R25 000 eis nie. U kan slegs geld terugeis wat u bestee het of gaan bestee as gevolg van die ongeluk, byvoorbeeld hospitaal- en doktersrekeninge wat u betaal het. As u of u broodwinner 'n betalende passasier was of as u as gevolg van werk in die motor was, kan u net R25 000 eis, maar u kan die nalatige bestuurder dagvaar vir enige groter bedrag. U kan egter nie u werkgewer dagvaar nie. HOE LANK NEEM DIT OM 'n EIS TE VERWERK? Eise teen die fonds is 'n ingewikkelde proses en die Fonds het baie eise om te hanteer, met die gevolg dat dit lank kan duur voordat u geld uitbetaal word. Die Fonds het 120 dae om die aangeleentheid te ondersoek nadat die eis ingedien is, voordat die finale verrigtinge kan voortgaan. |
VOORSKRIFTE: |
HOE EIS 'n MENS VAN DIE FONDS? U kan self van die Fonds eis of u kan 'n prokureur kry om namens u te eis, maar u sal vir sy/haar dienste moet betaal. Daar is inligtingskantore by alle kantore van die Fonds wat u kosteloos kan help.U moet die eis instel binne drie jaar na die datum van die ongeluk, as u weet wie die ongeluk veroorsaak het. As u nie weet wie die bestuurder of eienaar is van die motor wat die ongeluk veroorsaak het nie, moet u binne twee jaar eis. U dien die eis in deur die Eisvorm (Vorm 1) in te vul. Elke toepaslike paragraaf moet ingevul word. Die dokter wat u onmiddellik na die ongeluk behandel het, moet die medieseverslagafdeling van die vorm invul. U moet ook die vorm onderteken. Om die eis in te dien, moet u oor die volgende beskik:
WAAR DIEN 'n MENS 'n EIS IN? U kan u eis indien by of meer inligting verkry van die Padongelukfonds se kantore in Kaapstad. 7de verdieping, Thibaultplein No.1, Langstraat, Kaapstad, 8001 |
|
STAATSLIGGAAM:
|
|