BESKRYWING: |
Die Wes-Kaapse Landboudepartement bied deur die jaar 'n reeks kort kursusse aan. Onder die gebiede wat gedek word is:
|
VOORSKRIFTE: |
Kursusse word net aangebied as 'n voorgeskrewe aantal studente aansoek gedoen het, gewoonlik 'n minimum van 8 en 'n maksimum van 25 studente. Kursusse kan op ander plekke as die Elsenburgkampus aangebied word indien nodig en as die toerusting beskikbaar is. Bykomende opvolgopleidingsessies op plase en op ander plekke kan gereël word teen voorgeskrewe tariewe. Studiemateriaal is beskikbaar in Afrikaans en Engels of in die voorkeurtaal wat deur die deelnemer aangedui word. Aansoekers wat 'n ander taal versoek as dié wat met die kursus beskikbaar is, sal reëlings moet tref vir 'n tolk. Kursusse voldoen aan SAKA-goedgekeurde eenheidstandaarde en deelnemers kan beoordeel (of ge-eksamineer) word volgens die toepaslike kriteria. Deelnemers kan besluit of hulle beoordeel wil word of nie. Deelnemers wat nie beoordeel word nie, of nie slaag nie, kry 'n Sertifikaat van Bywoning, terwyl suksesvol beoordeelde deelnemers 'n Sertifikaat van Bevoegdheid sal kry na die voltooiing van 'n kursus. Hulle kry ook krediete vir die eenheidstandaarde wat deur die kursus gedek word. Hoe om in te skryf vir 'n kursus Olivia Bosch Besprekings sluit 2 weke voor die aanvangsdatum van die kursus. Deelnemers kan die kursusgeld direk in die departement se bankrekening inbetaal of by die opleidingsentrum tydens registrasie. 'n Afskrif van die bewys van betaling moet gefaks word aan: Olivia Bosch Bevestiging van kursusbesprekings word gestuur aan deelnemers nadat die kursusgeld ontvang is. Deelnemers moet hulle ID-boekies by hulle hê met registrasie. Kursusgeld
Die tariewe sluit BTW in en geld sal nie terugbetaal word as bywoning gekanselleer word minder as 'n week voor die aanvangsdatum van die kursus nie. Lesingsmateriaal word verskaf. Betalingsbesonderhede Departement Landbou Bewys van betaling moet die volgende aandui:
Bewys van betaling moet gefaks word aan: Skakel vir algemene navrae en besprekings: Elsenburg George Oudtshoorn Clanwilliam Vir navrae oor spesifieke vakke, skakel: Groenteproduksie Wingerdbou en olyfproduksie Vrugteproduksie Veeteelt Landbou-ingenieurswese Maatskaplike Wetenskap |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Department of Agriculture (Provincial Government of the Western Cape) |