BESKRYWING: |
Die benadering wat op vaardigheidsontwikkeling ingestel is, mik daarna om 'n raamwerk te voorsien om werkplek- en sektorale strategieë te ontwikkel en te implementeer ten einde die vaardighede van werkers te verbeter. Deel van die strategie is die heffing vir die ontwikkeling van vaardighede, wat 'n som geld is wat werkgewers aan die S.A. Inkomstediens moet betaal vir die ontwikkeling van vaardighede by hul werknemers. Die heffings wat aan die SAID betaal word, word in 'n spesiale fonds gestort. Tagtig persent van die geld in hierdie fonds word onder die verskillende Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO's) versprei, en die ander 20% word in die Nasionale Vaardigheidsfonds gestort. Die SOOO's betaal toekennings aan werkgewers wat 'n fasiliteerder vir vaardigheidsontwikkeling in diens neem. Die Nasionale Vaardigheidsfonds befonds projekte vir die ontwikkeling van vaardighede wat nie onder die beheer van die SOOO's val nie. Werkgewers kan 50% of meer van die heffings terugkry wat hulle aan die SAID betaal het. Dit is geld wat van die SOOO of die Nasionale Vaardigheidsfonds afkomstig is, en gebruik word vir opleiding en vir die ontwikkeling van die vaardighede van hul eie werknemers. Die Nasionale Vaardigheidsowerheid beoordeel die implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. |
VOORSKRIFTE: |
As 'n werkgewer moet jy elke maand die heffing vir vaardigheidsontwikkeling betaal, indien:
HOEVEEL MOET JY BYDRA? Jy moet 1% bydra van die totale bedrag wat jy aan salarisse aan werknemers betaal het (met inbegrip van betaling vir oortyd, verlofbetaling, bonusse, kommissie en rondesombetalings). Om te betaal, moet jy by die SAID registreer en elke maand die heffing betaal. Die SAID sal die korrekte vorm voorsien wat jy moet invul (VOH-opgawevorm). Die heffing moet aan die SAID betaal word nie later nie as sewe dae na die einde van elke maand. Jy kan geld van die SOOO of van die Nasionale Vaardigheidsfonds terugkry om vir opleiding en vir die ontwikkeling van jou werknemers se vaardighede aan te wend. Om vir 'n vaardigheidsontwikkelingstoeken-ning te kwalifiseer, moet jy:
KONTAKBESONDERHEDE Skakel asseblief vir verdere inligting die Nasionale Vaardigheids-owerheid by die Departement van Arbeid: Privaatsak X9090 , Kaapstad, 8001 |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Departement van Arbeid (Die Regering van Suid-Afrika) |