BESKRYWING: |
Die Departement van Landbou verskaf inligting oor verskeie loopbaangeleenthede in die Landbousektor:Die Departement bied ook beurse aan vir mense wat in landbougebiede studeer: |
VOORSKRIFTE: |
Inligting is ook beskikbaar oor spesifieke kursusse, grade en opleidingsektore in die Landbousektor:
VERDERE ONDERWYS- EN OPLEIDINGS- (VOO) KURSUSSE VIR LANDBOU Opleiding in Landbou en verwante studiegebiede, in die vorm van Kortkursusse en Leerlingskappe, word aangebied deur die Elsenburg-landboukollege. Die kursusse is hoofsaaklik gemik op nuwe, ontluikende en voorheen-benadeelde boere, sowel as plaaswerkers. Kursusse kan wissel in lengte van 1 tot 13 dae en sluit onderwerpe in soos:
Mense wat 'n volle kursus bywoon kry 'n Sertifikaat van Bywoning. Mense wat beoordeel wil word (met 'n eksamen) moet dit aandui wanneer die bespreking bevestig word. As met die beoordeling bevind word dat 'n leerder bevoeg is, sal die Sertifikaat van Bywoning verander word na 'n Sertifikaat van Bevoegdheid. Kursusse sal net aangebied word as die voorgeskrewe aantal studente aansoek gedoen het. Gewoonlik word 'n minimum van 8 en 'n maksimum van 25 vereis. Alle kursusse kan ook weg van die Elsenburg-landboukollege aangebied word, mits die nodige opleidingsgeriewe en -toerusting beskikbaar is. Bykomende opvolg-opleidingsessies op plase en persele kan gereël word teen 'n voorgeskrewe tarief. Kursusbywoners moet hulle ID-boekies beskikbaar hê. Skakel vir meer inligting: Vir die nuutste curriculum- en kursusskedule, besoek die Elsenburg-webwerf. Gelde Kursusse by Elsenburg kos R85-00 per persoon per dag, middagete ingesluit. Verblyf by Elsenburg (indien beskikbaar) kos 'n bykomende R35-00 per persoon per dag en sluit ontbyt en aandete in. Gedesentraliseerde kursusse op die platteland (nie by Elsenburg nie) kos R50-00 per persoon per dag. Dié kwalifikasie is vir mense wat in agri-sake werk en belangstel om haar of sy studies voort te sit in 'n gekose spesialiteit. Dit is 'n afstandsonderwysprogram wat aangebied word as 'n ervaringsgewyse leerprogram in samewerking met 'n mentor in agri-sake. Die Diplomaprogram bestaan uit verpligte kernonderwerpe en 'n gekose vak van die student se keuse. Verpligte vakke vir produksiespesialisasie:
Studente kan kies uit enige van die voorgraadse keusevakke as die gekose veld van spesialisasie, of kies uit agri-sakekeuses wat aangebied word, waaronder
Toelatingsvereistes Die minimum-vereiste vir toelating is 'n Hoër Sertifikaat in Landbou of 'n gelykstaande kwalifikasie. Skakel vir meer inligting: of Elsenburg-kollege Aansoekvorms is beskikbaar op die Elsenburg-webwerf. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober. Gelde Opleidingsgelde: R5 000 DIPLOMA IN LANDBOU: KELDERTEGNOLOGIE Dié spesialisprogram is gemik op wynmakers en diegene wat daarin belangstel om 'n loopbaan in die wynbedryf te volg. Die program word aangebied by Elsenburg se Opleidingswynmakery, waar studente formele teoretiese lesings, sowel as praktiese opleiding in wynmaak en wynmakery-operasies kry. Verpligte vakke vir die program is:
Toelatingsvereistes Studente wat beplan om aansoek te doen vir die Diploma in Landbou: Keldertegnologieprogram moet enige twee van die volgende vakke op Senior Sertifikaatvlak geslaag het:
Aansoekers moet ook die Hoër Sertifikaat in Landbouprogram voltooi het, met Wynmakery en Wynwetenskap as keusevakke, of 'n gelykstaande kwalifikasie hê. Vir Meer Inligting Stephan van der Merwe of Elsenburg-kollege Aansoekvorms is beskikbaar op die Elsenburg-webwerf. Sluitingsdatums
Gelde Dié 3-jaar kwalifikasie behoort in 2004 te begin, onderworpe aan die goedkeuring van die Raad vir Hoër Onderwys en sal die ou Hoër Sertifikaat in Landbou vervang. Dit is bedoel vir iemand wat beplan om 'n landbouloopbaan te volg of in 'n landbou-verwante bedryf te werk. Die student word toegerus met die produksie-, tegniese en bestuursvernuf wat nodig is in landbou en agri-verwante bedrywe. Die graad sal bestaan uit verpligte kernvakke, keusevakke en opsionele vakke wat nog gefinaliseer moet word. Die graad sal so saamgestel word dat studente nie net teoretiese kennis oor boerdery opdoen nie, maar ook prakties sal leer hoe om te boer. Instruksies:Kontakbesonderhede Skakel vir meer inligting: of Elsenburg-kollege Aansoekvorms is beskikbaar op die Elsenburg-webwerf. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus. Opleidingsgelde Jaar 1: R5 890 LANDBOU-OPLEIDINGSPROGRAM VIR JONG BEROEPSLUI Dié gestruktureerde, drie-jaar Meestersgraadprogram is daarop gemik om voorheen-benadeelde indiwidue op te lei wat loopbane wil volg in die Landbousektor.
Wat is die Program vir Jong Beroepslui? Aan die einde van die program sal suksesvolle kandidate:
Die hoof-institusionele deelnemers aan die JBP is:
Deelnemers sal betrokke wees by 'n gestruktureerde program wat oor drie jaar strek en in die tweede helfte van Januarie begin. Die program bestaan uit twee fases. Die eerste behels gestruktureerde indiensopleiding vir ses maande. Die tweede fase behels 'n projek waarin die betrokke indiwidu onafhanklike navorsing doen. Omdat die tweede fase plaasvind in samewerking met die betrokke Departement van een van die plaaslike universiteite, sal kandidate wat aan al die relevante vereistes voldoen met voltooiing 'n Meestersgraad behaal. Wie sal Oorweeg word vir die Program? Om in aanmerking te kom vir die JBP, moet jy:
Hoewel nie 'n voorvereiste nie, word 'n spesiale poging aangewend om vroue by die program betrokke te kry. Navrae moet gerig word aan: Aansoeke moet gestuur word aan: Aansoeke moet vroeg in Oktober ontvang word. Deelnemers aan die program sal geregtig wees op mededingende vergoeding vir die drie-jaar tydperk van die program. 'n Beurs wat studentegeld by 'n plaaslike universiteit dek sal ook verskaf word. Die program maak voorsiening vir navorsingsgeriewe en redelike navorsingsuitgawes. Elke kandidaat is egter verantwoordelik vir haar/sy eie verblyf- en lewenskoste. Na voltooiing van die opleidingstydperk sal deelnemers volgens kontrak verplig wees om aangestel te word vir 'n tydperk gelykstaande aan minstens hulle deelname aan die program as 'n paslik-gefinansierde vakature beskikbaar sou wees op die gebied van die opleiding wat die persoon ontvang het. |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Departement van Landbou (Die Regering van Suid-Afrika) |
PRYS: |
Gratis |