Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS): Gehalteverbetering van Suid-Afrikaanse produkte en dienste
BESKRYWING:
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde is verantwoordelik vir die regulering van die gehalte van Suid-Afrikaanse produkte en dienste.

Die Kommersiële Dienste-afdeling is verantwoordelik vir sertifisering en onderrig in verskeie nywerhede regdeur Suid-Afrika.

Die Standaarde-afdeling verskaf standaarde wat die mededingendheid van Suid-Afrika verhoog, en wat die basis verskaf vir verbruikersbeskerming, -gesondheid en -veiligheid, asook omgewingskwessies.

Die Ontwerpinstituut bevorder die voordele van ontwerp ten einde ekonomiese en tegnologiese ontwikkeling in Suid-Afrika te koester. Die Instituut fokus op ontwerponderrig, -nywerheid en -inligting, en sluit ń aantal toekenningskemas en ontwerppublikasies in.

Die Reguleringsafdeling administreer ongeveer 70 wettige verpligte spesifikasies oor 'n breë spektrum. Hierdie verpligte spesifikasies is wettige maatreëls en vereistes om te verseker dat produkte wat plaaslik vervaardig of na Suid-Afrika ingevoer word, of van Suid-Afrika uitgevoer word, voldoen aan die minimum vereistes vir gesondheid en veiligheid soos uiteengesit in die toepaslike Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde.
VOORSKRIFTE:
Nadere besonderhede:

Die Kommersiële Dienste-afdeling

SABS-ontwerpinstituut

Privaatsak X191, Pretoria, 0001
Tel: (012) 428 6326
Faks: (012) 428 6456
design@sabs.co.za

Reguleringsafdeling

Dr. Lateganweg 1, Groenkloof, Pretoria
Tel: (012) 428 7911
Faks: (012) 428 1568

Standaarde-afdeling

Privaatsak X191, Pretoria, 0001
Tel: (012) 428 6666
Faks: (012) 428 6928
info@sabs.co.za
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
SA Buro vir Standaarde (SABS)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Mei 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo